Notas dag 13

13.jpg

Dag 13:

Ek skryf vroeg vanoggend, want ek gaan nou slaap. Dis reg ja, ek gaan nou eers bed toe. Het heelnag wakker gewees. Ek het gisteraand begin Battlefield speel, en toe ek sien dis al 3 uur vanoggend, sommer besluit ek gaan wakker bly om my Liefie eerste te groet vanoggend as hy wakker word. Dit was so half 4 ons tyd. Half 6 in Rusland.

Nuus uit Rusland: Manlief het weer stukkie plaas gekoop. Die paadjie waarin hulle loop is klipharde gladde ys van al die voete wat daaroor gaan. Maar die res van die sneeu is dons sagte diep sneeu. Hy wou kortpad vat woonstel toe, nadat die 3 mans van die winkels af gekom het. En toe misgis hy hom met die harde ys en die sagte sneeu, en plof pens en pootjies weg in die sagte sneeu. Hy sê jy sien net groceries trek en daar lê hy soos ‘n skaap wat geslag is soos hy spartel om op te kom. Hulle het so gelag, dat een van die ander ouens se voete onder hom uitgegly het op die gladde ys en daar lê die 2 van hulle. Toe ek hom bel gisteraand toe lag die 3 nogsteeds oor die vallery. Nie een van hulle het daaraan gedink om ‘n foto te neem nie. Maar Liefie sê toe kry hulle eers koud.

Die manne is ongelukkig oor die werksomstandighede daar. Ek wens hulle wil almal eerder terug kom huis toe. Of ten minste net dreig hulle gaan klim, sodat dinge vir hulle bietjie meer draaglik gemaak kan word. Hulle kry niks maar niks tyd af nie. Werk 7 dae ‘n week 13 tot 15 ure per dag.

Ek sit gisteraand weer die spulletjie hier in my huis en dophou. Meisiekind is so in haar game betrokke dat ek nie een woord met haar kon gesels nie. Seuna is so besig met vet weet wat ookal dat hy my nie eers raaksien nie. En hier sit ek toe alleen in die sitkamer en kyk klomp strooi op tv. Ek is sommer lus en vlieg na my man toe. (Hy sê sy bed is so klein as hy op sy rug lê val sy arms langs die kante af…..ons sal maar beurte maak om bo te lê😀 ) Hulle sal my beslis nie mis hier nie. Nou het ek besluit, vandag gaan ek slaap, en hulle moet maar doen wat hulle elke ander dag doen. Ek is vies ja. Mens doen alles vir hulle, en dan kom daar ‘n tyd wat lyk my jy oorbodig is in jou kinders se lewens. Vandag sal hulle suffer en klaar. Ek gaan slaap tot ek wakker word, en basta met die res.

Ek hoop julle naweek is heerlik en sonnig. Ek is nou lekker moeg😉 🙂 So ek sê nighty night tot ‘n volgende keer.

Liefde groetetjies

Sonneblom

1 Response so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Solank mens darem nog kan lag vir jouself, is dinge nie te bad nie!!

    Sussa, jy is getag om die 5 goed wat jou gelukkig maak, te noem!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: