Notas dag 12

Boendoe, ek raak nie laks nie :D…ek was uit vanoggend op besigheid, en moes gou bietjie werkies doen. Maar hier is my notas vir dag 12:

12.jpg


Gister het ek so bietjie beter gevoel. Ek verlang nog erg baie, en dink nie dit sal makliker word nie. Niks sal my blyer maak as my Liefie sê hy is oppad terug nie. Wegwerkery is vir jong mense wat nie getroud is nie, of vir vroue wat gatvol is vir hul mans…hehehe Vir my is tyd alleen in die dag wanneer hy werk, maar vanaand soek ek hom by die huis…..

 

samara.jpg

Nuus uit Rusland: Dit is – 15 grade vandag. Liefie hulle se tolk is Moscow toe vir ‘n week of 2. Dis maak dinge vir hulle baie moeilik, want nie een Rus daar kan engels praat nie. En handgebare help nie. Hulle verstaan dit nie. Gisteraand sms hy dat sy hele lyf seer is van die swaar goed rondskuif. Hy dink dis tyd vir pensioen😀 Ek hom gesê hy moet huis toe kom, maar nee….hy sal deurdruk sê hy😦 Hulle het rys en stew gemaak gisteraand, maar sê hy, dis nie myne nie. Ek dink die manne daar ly honger. Ek wonder wat kos ‘n kaartjie Rusland toe…ek sal maar vir hulle gaan kook…:)

Vanoggend sê hy die manne is maar stil. Dink hulle is almal eina. Dis vir my so verkeerd om te verwag dat 4 manne al die werk moet doen. Dis tonne gewig waarmee hulle werk. En die ‘baas’ wys net so elke 2 uur sy gesig op site en vertel hulle wat gedoen moet word. Voor Liefie en die ander ouens daar aangekom het, het die ‘baas’ glo probeer laborers in die hande kry. Die wou net werk van 10 tot 3, en dan 2 dae se geld hê vir dit.

 

huis-man.jpg

Ek kry hulle jammer want hulle moet als vir hulself doen. Self kos koop, self gaarmaak, self die woonstel skoonmaak, self wasgoed was, self hul wonde lek. Hulle kla nie, maar diep in my binneste dink ek hulle sal hul vroue beter waardeer as hulle terugkom. En glo my, as my Liefie terug is sal ek hom ook beter waardeer. Dis glad nie maklik om ‘n besigheid wat jou man begin het te beheer nie. Veral nie as die kliente begin met tegniese vrae nie.

 

kwaai.jpg

Ek het vanoggend ‘n uitval gehad met Seuna en die ander outjie wat vir my werk. Dis hulle plig om met die kliente te praat oor die werk, en omdat ons skielik in die diepkant gegooi is, dink ek hulle is ook maar versigtig. Sien Liefie het altyd daai aspek gehanteer. Maar na vanoggend dink ek die manne hier verstaan dat ek nie die kliente kan help in alle opsigte nie.

Verder, ek het vanoggend siggies gaan koop….ja, ek weet ek wil ophou, maar ek rook ‘n kwart van wat ek 3 dae terug gerook het. En ek moet erken, ek voel baie beter, en my vel for some reason lyk ook beter. Ek het donker ringe onder my oë begin kry. Weet nie of dit die nicotien kan wees nie, maar my ogies lyk beter.

 

in-love.jpg

Seuna is verlief julle! Ag ek hoop dinge werk uit vir hom. Dis nou net neef wat in die pad staan….. Sussa moes gister vir die girl ‘n roos gaan gee wat hy vir haar gekoop het. Een van haar vriendinne was woedend boos vir Seun en die girl. Sien die meisie het ‘n crash op my kind, maar hy hou niks van haar nie. Hy sê sy is te vol van haarself, en alles moet oor haar gaan. So het die hele roos storie toe gisteraand by neef uitgekom. Ons sal maar nog sien wat gaan gebeur. Die meisie op wie hy verlief is, sê gisteraand vir hom hy moet my vra waarheen kan hulle 2kies gaan waar hulle nie tussen baie mense gaan wees nie. Ek like nogals die idee dat sy my betrek….skoondogter – skoonma verhouding kan dalk goed vorm van die begin af😀 😀 Sal julle op hoogte hou….

Nou ja, dis al nuus wat ek vir nou het.

Liefde groetetjies

Sonneblom

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Bly om te hoor jy raak nie laks nie!

    As ek die storie so lees, dan kan ons bly wees ons is in Afrika met hope swart werkers. Rusland klink vir my na ‘n tawwe plek. En die koue help ook nie. Shame, die manne kry dalk swaar. Soms weet ek ook nie of geld opmaak vir alles nie.

    Lekker naweek vir jou!

  2. 2

    Zee said,

    Ek was toe nie verkeerd oor die skelm rook nie nê!
    Skoonma – skoondogter……mmmmm hier sien ekke ‘n ding kom.
    Sê sommer vir die ouens hulle moet jou nie vrae oor die tegniese goed nie man, laat hulle dit in plat Afrikaans vir jou sê dan verstaan ons almal ook!

    ♂☺☻♥♦♣♠•◘○☺☺♥

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hehehe Zee, ek doen dit nie skelm nie…net tot my seun se ergernis😉

    Ja Boendoe, ek wonder self oor die geld vs hierwees…maar ja, dit was nie my keuse nie. Liefie moet net weet daar is nie ‘n volgende keer nie. Ek het so gesê toe hy Ghana toe was ook, en kyk nou…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: