Notas dag 10

10de Dag. Voel al soos ‘n leeftyd. Ek het gisteraand vir Liefie gebel. Hy het pootuit geklink. Hy sê die weer was lekker gister. -5 grade. Eina, kan nie dink wat so lekker aan koue kan wees nie, maar ek reken dis beter seker as -25. Ek hou daarvan as hy iets koop daar om te hoor wat kos dit. Soos bv gister het hy chocolate gekoop. 19 Roubles – R7.00, en 1 liter melk is ongeveer 38 Roubles = +- R13.00. ‘n Liter long life melk 42 Roubles = +-R14.00.

Dit gaan goed met hom. Verlang maar ook. Werk lang ure en is doodmoeg in die aande. Dan moet hulle nog gaan kos koop om gaar te maak. Dit half 9 in die aand. Wasgoed was, stort, eet.

Hier by my is nie veel nuus nie. Besigheid maak my lam, maar aanhou en bekhou. Kliente vat lekker kanse. Een klient gebel om te hoor wanneer gaan hy betaal. Ewe arrogant vertel hy dat hy lankal betaal het. Fax die strokie asb, vra ek hom. Maar niks gebeur nie. Vanoggend sien ek in die bank hy het vanoggend eers betaal. Mense….

Moet vandag ‘n roos gaan soek.  Amper gaan soek ek verkeerde roos.  Moet nie wit met rooi tips wees nie, maar geel met rooi tips.  Wonder net of ek so roos gaan kry.   Sal maar later op ‘n soektog gaan. 

Boendoe, as jy hier loer vandag, ek wil graag weet is jy nog rookloos?  En hoe het jy opgehou?  Enige tips asb🙂

Geniet julle daggie,

Sonneblom

11 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Jislaaik, Son, jy druk my altyd in ‘n hoek!! Ek het weer begin die oomblik toe ek my man weer sien! Dis een van die goed wat ons tog sooooo lekker saam doen!
    Tips, ek weet nie. My eerste mikpunt was 72 uur. Dan is die nikotien uit jou liggaam en die ergste onttrekkingsimptome verby. So se hulle, in elk geval. Ek het dus van uur tot uur gegaan. Die eerste drie dae WAS moeilik, maar nie ondraaglik nie.
    Verder het ek van winkels en mense weggebly. As ek ‘n winkel moes instap, sou die versoeking te groot wees om maar ‘n pakkie te koop. Dieselfde met mense wat rook.
    Een ding het ek geleer. Jou kop MOET reg wees, anders gaan jy dit glad nie regkry nie.
    Sterkte, jong! Dis die moeite werd.

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Ag sorry ou Boendoe, nie bedoel om jou in die spotlight te sit nie😉 Die ding is, ek is besig om myself dood te rook. In die 2 weke voor my Liefie gevlieg het, het ek sommer my rook kwota verdubbel. Dis nou niks om amper 2 pakkies ‘n dag te rook nie. En dit moet stop. Ek voel net aaklig. Van gisteraand 11 uur tot nou net 1 en halwe siggie gerook. Ek sal maar so probeer so stelselmatig minder rook. Dis die bewerasies en naarheid wat my nou vang. Sal julle op hoogte hou. Wish me luck😀

    Sonneblom

  3. 3

    Skoor said,

    Shits, ek is so spyt ek het ooit begin.

    Het al opgehou vir 2 maande, en dan net weer so begin. Sonder pille of plakkers. Maar dan is dit asof iets my kopvel kielie en se ‘as jy kon ophou, sal jy weer kan begin, en WEER ophou!’

    Ek het nie raad nie, kan net se STERKTE!

  4. 4

    Dellie said,

    Hehe, lekker vang jy almal nou uit Sonnie! Ek wou al laaankal vir Boendoe gevra het of sy nie weer begin het nie.

    En Skoor, ek het nie gereken JY rook nie! Maar nou lykit vir my ons klompie sal darem lekker kan kuier met ‘n ou rooietjie en ‘n paar siggies!

    Ek weet ek moet ook ophou, maar ek stem, jou kop moet reg wees. En op hierdie stadium geniet ek my ou gifpyltjies … ja, ek weet dis verkeerd, maar my kop wil noggie ophou nie!

    Sterkte met die roosjag!😆

  5. 5

    Zee said,

    Ai toggie, hoe bly is ek nou ek is nie die enigste een wat die spykertjies in my kis slaan nie. Sterkte met die probeerslag!

    Nou hoe dan, gister was daar gras en vandag niks?? Lyk my die grasweduwee begin beter voel😉

    Sterkte met die roos soek, sal graag wil weet of jy toe een gekry het!

  6. 6

    Skoor said,

    Jimmel Dellie, jy laat my klink soos Koekie Kuis met ‘n spierwit huis.

    Ter insae: ek is van die Zoid generasie (onthou toe sy begin hareswaai het op stage, is ‘n sekere ouderdomsgroep jeugdiges aan haar toevertrou…), ek het piercings, ja! En ek het op 18 begin grys hare toon, so my hoeveelheid grys, het NIKS met my ouderdom te doen nie.

    Maar ja, ek sal sorg vir die wyn, dis mos immers wat ons hier in die Kaap kan goed doen. Dan bring djy die enchies (Kaaps vir sigarette).

  7. 7

    boendoe said,

    Ja, Skoor, ek kan maar net beaam. Toe ek swanger was, het dit my naar gemaak en ek het opgehou sonder probleme. Toe ek malaria gehad het, het dit my naar gemaak, en ek het opgehou sonder probleme!!! KON EK NIE MAAR DAAR GESTOP HET NIE!!!!!
    Al genade nou is NOG ‘n swangerskap of malaria….hmm…wat is die ergste….ek wonner

  8. 8

    Dellie said,

    Whahaha Skoor, Koekie Kuis? Nee, dis darem nie so erg nie!

    Boendoe, nie een van daai twee nie! Lyk my ons sal maar aanhou rook…

  9. 9

    sonneblomseplekkie said,

    En hier sit ek en suffer…en julle hou ‘n rook party😀😀
    Julle, ek het van gisteraand 11 uur tot nou net 6 siggies gerook, teen meer as 20 andersins. Maar ek giggel lekker hier vir julle. Darem iets om oor te smile.

  10. 10

    skoor said,

    In beide gevalle Boendoe, is daar ‘n steek betrokke. Watter een vir jou meer aanvaarbaar klink, sal jy maar self moet besluit!
    🙂

  11. 11

    boendoe said,

    Ai, Skoor, ek is mos maar ‘n pissie. Sal altyd die steek vat wat nie bloed trek nie… 😀


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: