Notas dag 9

 

lonely-snow.jpg

Nie veel nuus uit Rusland nie.  Was -10 grade daar gister.  Manlief sê as jy water buite neersit is dit gevries in 2 ure.  Hy trek al die afgelope paar dae 3 broeke aan om te probeer warm bly.  Ek kan dink hoe ongemaklik dit moet wees.  Hulle was pootuit toe hulle half 9 gisteraand van die werk afkom.  So ons het nie baie tyd gehad om te gesels nie. 

cold.jpg


Hier by my is ‘n ander ding besig om kop uit steek.  My seun se neef gaan uit met ‘n meisie wat in matriek is die jaar.  Hulle 2 is kwansuis verloof.  Maar die outjie behandel die meisie soos gemors.  Hy is nou 17, word die jaar 18.  Die meisiekind is saam my meisiekind in dieselfde skool, en hulle is soort van pelle.  Kort kort dan huil sy by my meisiekind oor die knaap haar so sleg behandel.  Sien die outjie is vreeslik jaloers.  My mening, hy moet nog groot word….  So het sy dan nou deur my meisiekind bevriend geraak met my seun.  Op mxit sien.  Soos tyd aangaan het sy begin uitpak teenoor my seun.  Maar knaap neef is so jaloers dat hy my seun al gevloek het omrede hy met sy meisie gesels.  Maar die hele prentjie het nou ‘n ander rigting begin draai.  My seun is besig om verlief te raak op die meisie, en sy op hom.  Dit kan in ‘n aaklige ding ontaard.  My seun sê dood eenvoudig, as neef haar gaan verloor is dit sy eie skuld. 

love-triangle.jpg


Ek het vir seuna gesê laat die meisie eers vir neef los, en wag ‘n rukkie voordat julle ernstig raak.  Ek wil nie spoke opjaag nie, maar ek dink nie daar is keer nie.  En ek wil beslis nie vir my seun sê met wie hy moet en kan uitgaan nie.  Ek wil hom nie wegdryf nie.  Solank as wat hy gemaklik voel om met my so af en toe te praat oor die situasie, sal ek met liefde en moederlikheid luister, en op die beste van my vermoë vir hom raad gee.  Sonder om hom te vertel wat hy moet doen.

wit-en-rooi-roos.jpg


Ek is gisteraand aangesê om woensdag ‘n wit roos met rooi tips te gaan soek.  Hehe, ma moet help vry.  Maar as ek my kind so loer, sy hele gesiggie is deesdae opgehelder.  En dit maak moederhartjie bly.  Ag ek hoop alles gaan goed afloop.  Ek wil regteg nie twis in die familie hê nie.  Maar dit lyk vir my seuna is reg om vir haar te baklei.  Ai…..

Meisiekind is nou weer ander storie.  Die ingelsman haar die naweek laat weet hy wil uitmaak.  Sê die knaap dis hy wat nie reg is nie, want hy soek ander meisies se nommers.  Hartjie weer seer, en ma moet weer troos, en halfuur later laat weet die knaap hy soek nog ‘n kans! Hy het ‘n fout gemaak!  Bid jou dit aan.  Ek haar net gesê stuur hom, en sy moet nie dat hy met haar mors nie.  Ag, die nuus het skaars deur die lug getrek, toe is die outjie in die kaap tog te bly.  Het ek al van hom gepraat?  

Hulle het mekaar op battlefield ontmoet.  Hy bly in die kaap.  Is in matriek die jaar.  En wil volgende jaar JHB toe kom en hier kom werk.  Tot en met noudiedag was hulle net goeie vriende, maar toe hy hoor ingelsman het haar uitgevra, toe is die knaap baie ontstuimig.  Nadat hy gehoor het hulle het uitgemaak, het hy haar soos ‘n gentleman getroos, en sy weg oop gesien om haar te vra of hulle nie maar kan ‘pretend’ hulle gaan uit nie – want hulle bly sover van mekaar af.  Totdat hy einde van die jaar hierheen kom.  Klink my die outjie hou baie van meisiekind.  

 

little-girl.jpg

Maar…..in my oë is sy maar nog klein.  Ek dink sy sal altyd maar vir my klein bly.  En ek het ‘n geweldige urge om haar te beskerm.  Dis maar moederlike instink.  So hier sit ek, met 2 tieners se liefdes probleme, en verlang na my eie Liefie.  Ai, dis beslis nie maklik nie… 😀

Julle moet lekker dag hê.  Dankie vir al die comments.  Ek waardeer dit.  Die blog het vir nou my lifeline geword.

blogfriends.jpg


Liefde groetetjies

Sonneblom 

3 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Blompie, NOU is die tyd om te doen wat jy nog altyd wou doen! Diet, pottebakkery, ‘n boek skryf…wat is dit? Verras jou man as hy terugkom!
    En bogger vir Neef. As hy nie ‘n meisie kan hou nie, dan is dit nou maar just too bad!

  2. 2

    Dellie said,

    Eish, dit klink koud daar in Rusland. Seker hy gaan ons sonskyn waardeer wanneer hy terugkom.

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,
    Hy kom terug as ons winter begin, maar ek dink hy gaan dit aansien as somer hehehe.
    Boendoe, die grootste verrassing wat ek my man kan gee is dat ek in die tyd ophou rook het…maar ek sien dit nie gebeur nie. Ek rook al hou meer die afgelope tyd. Sal iets aanpak sodra ek dinge hier onder beheer het. Besigheid se boeke en invorderings is maar bra deurmekaar. Ek probeer nog kop bo water hou diekant.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: