Notas Dag 8

long-distance.jpg

Ons het gisteraand ons eerste ‘long distance fight’ gehad. Ek moet erken dat ek de moer in is vir myself. Dit was die oorsprong van my vlamvat gisteraand. Ek voel soos ‘n useless patetiese fokop hier op my eie. Ekskuus mense vir my vloekery, maar dis eerlik hoe ek voel. Ek is dom sonder my man. En dit maak my ergerlik kwaad.

Ek het op my Liefie afgegaan oor ek nie kan cope op my eie nie. En weens die feit dat ek so ontsettend baie verlang na hom. Toe doen hy iets wat my koud gesit het. Hy het my meegedeel dat ek moet “fokken” ophou fall to pieces! Ek kon nie glo wat ek hoor nie. Toe verduidelik hy my dat miskien as ek hom haat sal ek nie so verlang nie. WAAAAAT????? Dit sal die dag wees!!! Ek het so gehuil, maar toe hy vir my sê dat dit vir hom net so moeilik is daar sonder ons, en ek maak dit nie vir hom makliker nie. En dat die volgende kontrak…. SE MOER!!! Watse volgende kontrak???!!! I don’t think so. Ek soek my man by my.

interaksie.jpg


Die grootste ding wat my vang, is dat ek geen interaksie het met volwasse mense nie. Die kinders sit in hul kamers en klets hulle lewens weg op mxit! Dink ek gister so, as skoonsus saam my kan rondrits vir die dag, sal dit goed wees. GA!! Daar sit sy die heelpad en…MXIT!!! So die company wat ek gehad het is ‘n 4 jarige seuntjie. WOW…

brood.jpg


Maar ja, ons was toe Harties toe. Ons het by ‘tan Malie’ se winkel gaan brood koop. TEEN R25.00 STUK. Die duurste wat ek nog vir brood betaal het. Het te stupid gevoel om dit te los. Ek het nogals 2 brode gekoop…. Skoonsus het een gekoop. Dink dis die vinnigste manier om geld te maak. R75.00 vir 3 brode in 5 sekondes…

maxis.jpg

Moet net NOOOOOIT by MAXIS naby die wal gaan toasted broodjies wat kaas ophet gaan eet nie. R28.00 vir ‘n toebie met ham kaas en tamatie. Dis nog okay….net die kaas is nounog opsoek! Ek was skoon uit die veld geslaan. Dat mense jou oop oë so kan indoen is my gat se deksel.

hawker.jpg


Oppad terug deur die tonnel is daar mos 6 miljoen ‘hawkers’ wat enige kak aan jou probeer verkoop. Mens staan baie lank in die tou om deur die tonnel te gaan. Kan nie jou vensters oopmaak nie, of die goed try in jou kar klim. Een van die windgat goed het gans voor my zoom kom staan en streel en vryf op my kar. Ek was wild van befoeterdgeit. Het my zoompie in eerste gegooi en gewip voorentoe, om hom te laat weet hy vat nou waar hy nie moet nie. Ek sal sy bene vir hom afry!

Daarna is ons na die vlooimark. Ag wat ‘n teleurstelling. Dis nou een vlooimark waarheen ek nie sommer gou sal terug gaan nie. En ek kan regtig nie sê ek het die dag geniet nie. As ek alleen iewers heen gegaan het sou dit dalk beter gewees het.

Nuus uit Rusland: Liefie vertel my hy het eergister ‘n aaklige ding sien gebeur. ‘n Trokkie het verby hulle gery, met dooie honde op. Baie dooie honde. Die volgende oomblik hoor hulle ‘n skoot klap, kyk, en daar lê ‘n hond en sy laaste rukke gee. Blykbaar skiet hulle alle rondloper honde opslag net daar dood. En dis almal wolf tipe honde. Hy sê dis regtig iets wat hy nie graag wou aanskou nie.

wasgoed1.jpg

Hulle het gister so bietjie vroeg huis toe gegaan. Moes wasgoed was. Hulle het darem ‘n wasmasjien in die woonstel. Vertel hy my, dat hulle mag nie met hulle skoene op die matte loop nie. Matte is glo onmenslik duur daar. En hulle woonstel het nuwe matte in.

Vir aandete het hulle R80.00 betaal vir 1 kilo short rib. Die naaste winkel sentrum (soos ek verstaan) is sowat 2 kilometers ver van hulle woonstel. Hulle koop kos en voorraad by klein shack tipe winkeltjies langs die sypaadjie. Elke shack winkel verkoop net een ding. Soos die een verkoop brood, daai een verkoop vleis, die ander een verkoop pasta ens. Ek kan nie wag vir fotos nie.

siek-pc.jpg

Moes eers vanoggend my PC dokter toe vat. Hy het opgepak – soos sy baas voel om te doen. Maar nou is ek weer up & running. Ousie kom ook eers 10 uur hier aangedrentel vanoggend. Ek sweer ek het nie nog kans gesien vir huis skoonmaak vanoggend nie.

valentine.jpg


Nou wil ek gou hoor, kan iemand my sê as ‘n seun ‘n meisie vra of sy sy Valentyn sal wees, beteken dit net vir die dag, of vra hy haar uit? Ek was so lanklaas iemand se Valentyn, ek kan eerlik nie onthou nie…hehehe 😀

Julle moet ‘n wonderlike week hê.

Liefde groete

Sonneblom

5 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Sonneblom, ek het nou die hele week al jou inskrywings gelees, geniet dit baie, so met al jou “prentjies” en al. Een week al verby!!

  2. 2

    boendoe said,

    Ou Sonneblompie, oor nog twee weke is jy oor die ergste bomskok, en dan begin jy die lewe weer geniet! Byt maar net vas!!!!!!!!! x

  3. 3

    boendoe said,

    O ja, ek wou nog se, as ek nie elke dag hier uitkom nie, vergewe my tog. Ons ou internet is deesdae so useless soos tits on fish. Kan skaars my eie blog oopmaak.

  4. 4

    Dellie said,

    Ek dink jou manlief het nie rerig bedoel om lelik te wees met jou nie, hy wou miskien maar net hê dat jy jou gat wip en besluit jy sal hom WYS jy kan dit alleen regkry! Hierdie “sielkunde” wat die manvolk so toepas, het al menigmale op my gewerk!😆 Wys hom nou jy kan!

  5. 5

    Ai tog, skielik alleen is niks lekker nie.

    Iets om jou besig te hou:
    Jy is getag met “123…storieboek…678”, sien my blog

    http//wagnbietjie.wordpress.com

    Sterkte


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: