Notas dag7

Hi daar,

Een week is verby vandat my Liefste gevlieg het. 80days to go. Eina! dit klink lank. Dis -20 vandag in Rusland. Liefie sê dis so koud dat die lug wat mens inasem brand mens se longe. Hy voel beter vandag sê hy. Het goed geslaap. Dink dis dalk die vodka en lemoensap wat hulle gisteraand gedrink het.🙂 Wat ook al, ek is bly hy het gerus. Hy sê hy het vanoggend 3 broeke aan. Vet weet, ek wil nie so koud kry nie. Hulle werk vandag ook. Die toerusting wat hulle moet aflaai van die containers af weeg stuk stuk tussen 12 en 15 ton, en as die masjien aanmekaar gesit is weeg die hele lot 40 ton. Dit word met krane afgelaai, maar hulle moet dit self vir 120m in die fabriek in kry. Kan dink dat dit ‘n gestoei afgee.

Ek het gister sy laptop gaan koop. Het vir hom skype en msn gelaai. Nou moet ek dit net by hom kry. Ek smag om met hom te gesels. Wil nie bel nie, want dis baie duur. Op die stadium is dit net sms’e. Sodra ons kan kommunikeer via internet, sal ek dat hy vir my fotos stuur van die plek. Ek sal vir julle kom wys hoe lyk dit daar.

Vandag voel ek gaga. Regter nier pyn. Ek en seun het gisteraand so paar brutal fruits gedrink. Wonder of dit die oorsaak is. Dit word dalk nie verniet “brutal” genoem nie😀 Ek is nie lus vir die huis vandag nie. Sodra my kroos wakker is, gaan ek hoor, miskien wil hulle bietjie uitgaan. Sommer net iewers heenry en plekkies gaan verken. Sal my dalk goed doen. Ek nounet my skoonsus gevra of wil sy saam, so ja, ons gaan uit vir die dag. Gaan gou my kiddies wakker maak.

Julle moet almal ‘n heerlike rustige sondag hê.

Liefde groete

Sonneblom

1 Response so far »

  1. 1

    Eben said,

    Hallo, ek hoop die tyd verloop vinnig en daardie 80dae word gou sweet 40 days!! Ons kan nie wag vir die foto’s ennnn om te hoor hoe was julle dag toe. Hoop alles het lekker uitgewerk soos dit moes.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: