Notas dag 6

More almal,

Nie baie om te griffel vandag nie.  Eers bietjie update uit Rusland:

griep.jpg


Liefie het griep.  Hy het pille gekry daar, maar die brand sy maag flenters.  Ai, ek hoop hy word gesond.  Hy het gister vir hom ‘n kussing gaan koop.  R80.00.  Dis darem nie te duur nie  – dink ek.

Hier is paar oulike kussings:

kussing1.jpg

 

kussing2.jpg

kussing-2.jpg


kussing3.jpg


 

kussing4.jpg

 

kussing5.jpg

kussing6.jpg


 Hulle het weer ‘n storm gehad.  Hy sê dis so koud hy kan dit nie beskryf nie.  Is -25grade daar vandag.  Hulle was winkel toe gisteraand om iets te kry om gaar te maak.  Met die terugkom het hy gegly op die gladde ys en plat op sy rug geval.  Klink my hy skryf homself af daar.  

val-op-sneeu.jpg


Meisiekind het aangehou en aangehou om by die maatjie te gaan oorslaap gisteraand.  Ek was erg vies, ek meen, ek het nou net die kids hier, en dan wil hulle uitslaap!  Sy het gesê hulle kom vroeg terug vanoggend.  Ek sal sien hoe vroeg is haar vroeg.

Ek en Seun het gisteraand roadhouse toe gegaan.  Ons het ‘n driekwartuur gewag vir diens.  En dit terwyl ons 3 keer gaan vra het vir ‘n waiter.  Ek was lekker warm onder die kraag.  Seun paar biere gedrink, en ek ‘n burger ge eet.  Toe gaan vat ek hom vir ‘n lekker spin op en af in my zoom-zoom.  Skoon ‘n dice opgetel met ‘n toutrok hehehehe.  Maar hy het gekroek, want hy het nie gestop by die stopstrate nie.  Ek moet vir julle sê vir ‘n 1300 karretjie het my zoom zoom baie spunk😀

resies.jpg


Ons is onder geweldige druk met die besigheid.  Kliente verwag ons moet eerste by almal wees, en dis half ontmoontlik.  Ons het baie werk, en ek is benoud dat ons dalk kliente gaan verloor omrede ons nie kan spring met elke oproep nie.  Probleem is dat meeste werk nie klein goedjies is soos ruil net die battery nie.  Die weer het groot skade gedoen.  Maar aanhou, bekhou, en bid dink ek sal dalk help.

Nou ja, julle moet lekker dag hê.

Liefde groetetjies

Sonneblom

2 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ja nee, dit lyk my ook nie Rusland akkordeer goed met jou arme man nie!
    Oulike kussings – veral die een wat die babatjie so vashou. Kan nogal dink dat ‘n kleintjie lekker kan slaap met so kussing!
    Ou Sonnie, hou maar net moed. Alles kom eendag tot ‘n einde.

  2. 2

    Eben said,

    Gie gie ek wil ook sulke kussings he!!! daai eerste ene!!! (Sic!!)

    ai ai die kinders darem, maar soos Boendoe se, alles kom ook op ‘n einde. O jaaa Sonnie nie gedink jy is wintie nie .. Zoom-zoom vertelle jy ons!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: