Notas dag 5

 

blou-roos.jpg

Vandag wil ek gal braak. Ek het duisend dinge op my hart vanoggend. Maar eers update:

 

sleep10.jpg

Na eergisteraand se kla sessie by die ‘baas’ se vrou, het Manlief hulle gister duvets gekry. Daaroor is ek baie bly. Ten minste gaan my Liefie nie so koud slaap nie. Die ‘baas’ het ooreengekom om einde van die maand ‘n gedeelte van hul geld uit te betaal. Hy wil mos eers uitbetaal na 60 dae. Hulle kry nogsteeds geen kos nie. Hy het gister vir ‘n bord met rys, 2 frikadelle en sous R60.00 betaal. Een ding is verseker, Rusland is beslis nie op my lysie van plekke waar ek sal wil gaan bly nie. Dis eenvoudig mal duur daar. Ek wonder wat betaal mens vir ‘n smirnoff daar😀

smirnof.jpg


Gister was weer baie moeilike dag vir my. Ek het my man erg gemis. Was kort kort hartseer en so by myself gesit en huil. Ons het net ge sms gisteraand. Half 6 vanoggend het hy my wakker ge sms. Dis lekker gedagte dat ek kan wakker word van sy sms’e.

best-friends.jpg


Meisiekind en haar beste vriendinnetjie speel tennis elke donderdag middag. Gister na tennis hoor ons dat die vriendin – hulle trek vandag, en sy gaan uit die skool. Met my hartseer, moes ek toe nou nog ‘n hartseer kind ook troos. Die 2 het alles probeer sodat die kind hier kan kom bly. Maar ons weet mos dis onmoontlik.

Nou wil ek eers gal braak.

vloek1.jpg


Met die getag van 10 dinge wat my afpp, moes ek die een eerder heelbo geplaas het. ORIGE MANS!!! Met die speel van ons online game, leer mens baie mense ken. Maar sommige van die mense dink dis hulle reg om kanse te vat. Wat ek nie kan verstaan nie is dat hulle nie nee vir ‘n antwoord kan vat nie.

 

Kyk, ek waardeer ‘n male friendship, vir wat dit is…..friendship. Ek kan lekker intelektueel met iemand sit en gesels. Maar wanneer dit kom by, ‘kan ek ‘n draai by jou kom maak?’ of ‘ek wil jou ontmoet’ en wanneer ‘n man homself staan en orig hou, pis dit my solidly af! Wie dink hy in elk geval is hy?! Wat my verstand te bowe gaan is dat ek al baie mooi vir hom gesê het ek stel dood eenvoudig NIE belang nie! Maar fokken aanhou sal hy aanhou. Hoeveel gaan dit vat om hom te laat wakker skrik? Ek soek baie beslis nie ‘n afair nie. Ek is gelukkig getroud, en gaan nie my huwelik teen die rotse laat loop vir geen man op aarde nie. Die ou reken my, hy eet al 16 jaar net steak…….wil bietjie die menu verander! Wel ek is happy met my steak dankie. Ek hou van my menu! Ek is LIEF vir my menu thank you very much.

 

sad-girl.jpg

Nou, hier is ander probleem. Dis miskien nie my probleem nie, maar dit raak die familie. En ek vra baie mooi vir diegene wat hier lees, om nie ‘upset’ te raak met my nie. ‘n Dogter in die familie het skielik besluit sy wil gay wees. Die kind is 16. Pragtige kind. Sy is rebels beyond thinking. Haar ouers is op breukpunt oor die situasie. Haar ma sê mense het gesê dis net ‘n fase en sal oorwaai. Maar dit raak net erger. Sy het haar meisie vriendin belowe sy sal haarself gee vir die kind op die se 18de verjaarsdag volgende week. Ek het voorgestel dat haar ma haar weg moet vat vir ‘n naweek. Net sy en haar dogter. Maar – ek weet nie wie is die meer hardegat een nie – sy kan nie, want sy het nie nou die tyd nie. Dan sien ek Dr Phil waar hy vir menigde ouers sê ‘you do whatever it takes up to and until……’ Ek wil nie uitspraak lewer nie, maar as dit my kind was, sou ek berge verskuif het om haar te help. Haar ma reken net, sy het nie tyd vir kinderkak nie……. Ek hoop en bid maar in my hart sy gaan wakker skrik voordat dit regtig te laat is. Ek glo nie die kind is gay nie. My seun gesels gereeld met haar op mxit, en hy sê my dat sy aan hom genoem het dat sy met hom sou uitgaan as hy nie familie was nie. (hulle is stief neef en niggie) Hy het aan haar genoem maar sy is dan gay, waarop sy gesê het, sy is nie gay nie maar bio…. Hoop die mense skrik wakker, want as sy haarself vir die ander meisie gaan gee, gaan sy dalk net lelike sielkundige letsels oorhou vir die res van haar lewe…..

Nou ja, ek het nou my hart leeg gemaak hier vanoggend. Ek hoop julle almal het ‘n lekker dag. Ek gaan nou eers bietjie werk, en dan myself oorgee aan verlange😉

 

sonneblom10.jpg

Liefde groete

Sonneblom

5 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Ek hou van jou nuwe look! En darem bly om te hoor jou manlief hoef nie meer koud te slaap nie.

    Die orige oompie moet jy sommer net ignore. Hopelik gaan hy dan weg.

    Die gay meisiekind – moeilike ene daardie, miskien is dit maar net ‘n eksperiment? En as sy wel gay is, dink ek nie daar is veel wat enigeen daaraan kan doen nie. Dis nie ‘n siekte waarvoor daar medisyne is nie. En hoe meer daarop gehammer word, hoe meer gaan sy dit wil doen, miskien net om iemand te spite. Maar sterkte daar!

    Lekker naweek, moet nou nie te veel verlang nie. Hou jouself net goed besig, dan het jy nie tyd vir dink nie!

  2. 2

    Sonneblom said,

    Hi Dellie,

    Ek verstaan die konsep van gay wees. Wat my bekommerd maak is dat die kind rebbelleer teen iets, en dan die fout van haar lewe gaan maak. En ek dink wel sy is rebels oor haar ouers. Sien hulle bedryf ook hul eie besigheid, en geld is nooit ‘n probleem nie. Die probleem is dat hulle van bitter vroeg in die oggende tot soms middernagtelike ure by die kantoor is. Met die gevolg, die kinders kry min kwaliteit tyd van die ouers af. Ek hoop maar iemand kan deurdring tot haar, of sy nou gay is of nie, maar dat wat ookal haar pla uit die weg geruim kan word.

    Groetetjies
    Sonneblom

  3. 3

    Hallo.
    Het die kind skielik “besluit” om gay te wees, of het sy net nou besluit om dit te sê? Ek weet nie of mense uit rebelsheid besluit om gay te wees nie?
    Maar indien sy inherent regtig gay is en mens sou haar weerhou om te wees wie sy is, kan dit ook sielkundige letsels los. Dis moeilik en ‘n situasie wat begrip en geduld vererg van die ouers. Sterkte.

  4. 4

    Sonneblom said,

    Hi Rosalind,
    Welkom hier. Jong soos ek verstaan is dit net ‘n skielike nuwe besluit. Sy was beslis nie altyd so nie. Het al heelwat seunsvriende gehad, en giggelende om hulle rondgehang. Maar ja, as sy werklik gay is, en hulle weerhou haar, kan ek verstaan dat sy daardeur ook ‘n probleem kan ontwikkel. Waaroor ek egter bekommerd is, is die feit dat sy haar sommer so wil gee aan die ander meisiekind. My vraag: wat AS sy nie regtig gay is nie? Dit gaan groot lelsels los…

  5. 5

    Hi geniet jou Rusland-skrywery!
    Ja die is ‘n moeilike een. Dit kan wees dat sy nou besef het dat sy gay is, ‘n mens se seksualiteit ontwikkel maar soos jy groter word en groepsdruk veroorsaak baie keer dat gay mense met die teenoorgestelde geslag uithang en flankeer, selfs verhoudings het. Veral as mens ‘n tiener is. Slegs indiens mens lank met haar sit en gesels en sy vertrou jou sal sy dalk vertel. Dit bly moeilik. Dalk moet sy met ‘n berader gaan praat, soos ‘n kliniese sielkundige?
    Sterkte en groete.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: