Notas dag 4

alone.jpg

Ek begin nou besef watse stres my Liefie het met die besigheid. Ek meen, ek doen my deel, maar ek werk nooit met die kliente nie. En o donner, hulle kan aangaan soos klomp kleuters. So sit ek nou met een moeilike koei van ‘n klient. Ons het kwotasie gedoen, sy het dit goedgekeur, en nou is daar ‘n probleem. Kwotasie is vir werk van in die R20 000. Ons vra ‘n deposito. Dit is baie geld se equipment om die risiko te loop dat die mense ons nie gaan betaal nie. Dis tog logies. Nou maak sy haar tieties styf en wil moeilik raak met my. Wil tot gans gister vir my vertel hoe weet sy my team sal die werk goed doen. I mean really!!!! Ek is reg vir haar vandag.

work1.jpg

Gisteraand met Manlief gepraat. Hy is besig om griep te kry. Geen wonder nie, slaap in ‘n sneeubelaaide plek sonder komberse op ‘n kaal matras en enigiemand sal siek word. En ek hou nou niks van die idee nie. Ek loer skype so gisteraand en sien die ‘baas’ se vrou is op. Hier is my kans. As sy daarvan hou dat haar man so moet bly….ek doen nie. En ek corner haar. Want sien, ‘baas’ is ook op skype, en ek weet toe mos nou hulle 2kies sit en chat.

flu.jpg

Vra haar toe of dit moontlik is om goed op te stuur Rusland toe – soos komberse en kussing en eetgerei. Want vertel ek haar toe sommer voor sy my kon antwoord, dat hulle niks daar het nie. En vra haar toe sommer of sy daarvan sal hou as haar man so moet bly. Sy – heel verbaas oor die situasie – corner toe sommer haar man en sê hy moet asb reel dat hulle iets moet kry. Sal maar hoor watse vure hy moet doodslaan vandag. Ek wil nie die lewe moeilik maak vir hulle nie, maar wat darem te erg is, is te erg.

pointing-finger.jpg


So met die gesels gisteraan moes my Meisiekind Manlief help om mxit op sy foon te laai, want ons reken dit sal heelwat goedkoper wees om te kommunikeer. Wat ‘n nagmerrie. Mxit wil nie regwerk op my foon nie, en for some reason ook nie op sy foon nie. En dis nie asof on Noag fone het nie. Maybe is dit ons ouderdom😀 mxit is dalk net vir kids bedoel, ek weet nie. Gaan vandag soek vir ‘n laptop – sommer 2de hands as ek een kan kry. Oor 2 weke of so vlieg daar nog iemand op Rusland toe, en dan kan ek dit sommer saamstuur. Dan kan ons dalk op skype met mekaar gesels.

tin-phone-1.jpg

Nou van die een uiterste na ‘n ander uiterste. Die GROOT EUWEL het in my huis in gekruip. Kopluise! En dit op my kind se lang hare! Sy bel my van die skool af gister en baie benoud sê sy ek moet haar dadelik kom haal, sy sal my later vertel wat is fout. In die kar geklim en sy begin vreeslik huil. ‘Ons moet dadelik apteek toe! Ek het kopluise!’ As Vader, wat nog? Dadelik iets gaan kry, en die apteekster gee toe vir my saam ‘n bottel bay rum. Smeer dit op die kopvel as die hare gewas is. Daar was bitter min luise op haar kop. Dit was ‘n moordende 3 uur sessie om daai hare deur te kam. Maar die kop is skoon. Nou wil ek graag van julle weet of ken iemand hierdie bay rum, en waarvoor gebruik mens dit als. Ruik baie lekker, daar is een of ander spice in die olie. En beslis alkohol.

lice.jpg

Nou ja, dit is my storie vir die dag. Hoop almal het wonderlike daggie.

Liefde groete

Sonneblom

4 Responses so far »

  1. 1

    Kokkewiet said,

    Kliënte kan soms moeilik wees en ook net wanneer dit hulle pas. Sterkte met haar!!!

    Ek hoop ook jy kan dit regkry om darem vir manlief komberse en diesmeer te stuur.

    Lekker dag vir jou!

  2. 2

    boendoe said,

    Vat daai poppie vas!

    En lag ek nou vir jou oor die kopluise! Ek moes my dogter ook al twee keer ‘behandel’ vir kopluise. Die eerste keer het ek amper doodgegaan van skaamte, maar nou weet ek dis maar een van daai dinge. Ek ken nie die bay rum-ding nie. Ek het altyd ‘n sjampoe gekoop (kan net nie die naam onthou nie) wat die luise en nete doodmaak. Het gewerk soos ‘n bom.

    Ja, kommunikasie is ‘n duur ding. Ons selfoonrekening was een maand – hou vas aan jou stoel – R12000!!! Het gou-gou briek aangedraai! Sterkte!

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Boendoe,

    Nee ek het sjampoo gekry vir die hare. Die apteekster die bay rum gegee om na die tyd op te smeer. Ook elke keer na die hare gewas word dit op te sit. Sy het genoem dat dit goed is vir haar groei ook. So ek neem aan dit het ‘n paar doele. Sal graag meer wil weet.

    Groete
    Sonneblom

  4. 4

    boendoe said,

    Het jy toe die klient uitgesort?
    Hou van jou nuwe look. Baie snazzy!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: