Notas dag 3

Ek het gisteraand Manlief se baas in die hande gekry, met hoop dat Manlief naby hom was. Maar hulle bly glo ver van mekaar af. Het so paar trane getap, en toe maar besluit ek sal bietjie gaan oorlog hou op Battlefield. Het ook nie lank gespeel nie toe die selfoon lui. Ge antwoord, en raai wie is aan die anderkant? Manlief! Ek het sommer gejubel van vreugde.

Hulle het ‘n telefoon in hulle woonstel, en hy gee toe vir my die nommer. Ek bel toe terug. Het lekker gesels. Seker omtrent haluur lank. Weet nie wat die rekening gaan wees nie…… Maar die omstandighede daar is maar up to. Hulle het nie 1 kombers, laken, kussing om onder te slaap nie. Geen koppie, bord of mes nie. Hulle moet self hulle kos koop en maak. Kry nie 1 ete van die company nie.

kombers.jpg

Hy vertel my dat hulle gister vir ‘n 250g polony 79 000 Rubles betaal het. Dis omtrent R30.00.

Daar bly ‘n ou russiese tannie langs hulle. Hulle hoor gisteraand ‘n klop aan hulle deur. Maak oop, hier is dit die tannie. Staan sy daar met ‘n potjie, klaar geskilde aartsappels in bietjie water, vir hulle om net gaar te maak en te eet. Saam bring sy toe vir hulle ‘n blikkie konfyt, ‘n bottel tamatiesous en ‘n blikkie tamatie puree. Lyk my hulle het ‘n Russiese Mamma gekry. Ek hom gevra om foto van haar te neem en vir my te stuur. Sodra ek dit kry kom wys ek haar vir julle.

ouma.jpg

Met die werk saam daar gaan dit ook nie voor die wind nie. Hulle is 4 mense, 1 tolk en die baas. Tolk is omtrent nooit te sien nie, baas hou sy lyf skaars, en die 3 gekwalifiseerde ouens en 1 appie moet die werk doen van arbeiders. Hulle is almal baaaaaie vies oor die idee. Hulle wil meeting hou. Ek ken my man, as hy sy gat gaan wip, is hy op die eerste vlug terug. Sy kamermaat is ook lus en klim op daai vliegtuig. So ons sal maar sien wat gaan gebeur. Blykbaar kry hulle ook hulle geld eers na 60 dae. Daaroor is hulle ook nie gelukkig nie.

kwaad.jpg

Die blok woonstelle waar hulle bly het omtrent 200 woonstelle. Dis glo almal werkersklas mense wat daar bly. Daar is glo ‘n hele paar van die blokke woonstelle daar. Maar soos ek verstaan, is dit mooi skoon en netjies. Hulle word aangery met privaat taxi’s fabriek toe en terug. Hulle werk in Baltika Breweries in Samara.

baltika.jpg

baltika2.jpg

Hier by my moet ons maar aangaan. Fone was baie still gister. Aan die eenkant was ek half bly, maar ook bekommerd oor die werk. Ons sal maar sien hoe loop sake vandag. Ek moet probeer om komberse ens by my man-hulle te kry. Wil ook gaan kyk of ek dalk ‘n laptop kan kry en opstuur vir hom. Maar een ding op ‘n slag. Nou soek ek ‘n koppie koffie en wil my rokie in vrede rook. Dan werk, werk, werk…..

ekke – Jy vra my of is dit net drie maande? Dink ek toe so by myself 3 MAANDE is LAAAANK🙂 Hulle sit ‘n nuwe packaging lyn in by die breweries daar.

Dellie – 10dinge wat my afpp?

1. Wanneer ek niks doen nie, en niemand kom gesels met my nie, maar die oomblik wanneer ek besig raak met iets, dan wil almal met my kom sels.

2. Shopping – ek HAAT dit

3. As Manlief met my aangaan oor my siggies

4. Swak diens…kan dit nie hanteer nie

5. As hier ander mans en seuns my toilet gebruik, en die deksel oplos of die toilet

raak pp en nie skoonmaak nie

6. Soos baie van die bloggers ook gesĂȘ het, as iemand in my space kom inklim

7. Spam mails……….

8. Mense wat mens aftrek grond toe. Ek het genoeg dinge wat my aftrek……

9. As daar aan my gekarring word.

10. Mense wat dink hulle is beter as ander. En wat hulle menings op jou afdwing.

Dasy….my 10 afpp goete🙂

Julle moet ‘n lekker dag hĂȘLiefde groete

Sonneblom

2 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Dit klink maar rof daar in Rusland. Manlief gaan darem sy bed en jou kos eeerrrgg waardeer wanneer hy terug is!

    Dankie vir die lekker deel. Dis nogal interessant om te hoor wat daar ver aangaan. En sterkte vir jou, met elke slapie kom die terugkoms nader! ((Sonnie))

  2. 2

    boendoe said,

    Sonnie, moenie dieselfde fout as ek maak en die tyd dophou nie – dan gaan dit s t a d i g verby! Probeer jouself besig hou, ook met goed waarvan jy hou. Voor jy weet, is 3 maande verby!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: