Notas van ‘n Grasweduwee….

somber1.jpg

My mood is somber vandag. Ek hoop half half die foon maak my nie mal vandag nie – tensy my Lovie my bel. Gister was ‘n malhuis dag met die besigheid saam. Foon nie ophou lui nie.

malhuis.jpg


My susterhulle was gister hier…. Het my hek se spoor stukkend gery. En dit terwyl ek skaars kan kophou met alles en nog wat. Het hiesteries aan die gil gegaan. Iewers het iemand ‘n koppie koffie in my hand gedruk. Ek het my swaer gebel om te kom help, want die hek was half oop. Hier gekom, lui sy foon, en hy gooi hom sommer summier flenters teen die grond. Wel met gesukkel(nie baie gesukkel nie) het hy my hek reg, en ek gee toe maar vir hom my ander foon….

broken-celphone.jpg


Gaan haal my meisiekind by die skool, moes ek toe nou eers die ‘nuutste’ kêrel ontmoet. Ingilsmannetjie. Sommer met die groetslag loop vertel ek mos vir die knaap, as hy my kind seermaak “I’ll kill you”Ek meen hy moet weet waar is sy limits😀

catfight.jpg


In die kar begin sy huil, want sy voel siekerig, en sy het ‘n rau opgetel met klompie wille girls by die skool, wat kougom in haar hare wou smeer. Nou kyk – sy het laaaaaaaaang blonde hare, en hierdie ma sou behoorlik haar toys uit die kot gegooi het. Die kougom het toe op haar skool rompie beland. So vandag is ‘ma’ op standby, want ‘as ek jou bel, kom asb dadelik skool toe en kom sort hulle uit’ – orders…….

supermom.jpg


Seuna en sy team het eers baie laat by die huis gekom gisteaand. Vasgekeer gewees in die JHB trafic. Was net so mal dag vir hulle. Eerste dag sonder Pa wat die leisels kan neem. Maar ek moet sê, so tussen die stres deur het ons dag nommer 1 goed aangepak.

wasgoed.jpg


Eerste ding waaraan ek dink vanoggend toe ek net wakker word, – Manlief bly in woonstel doer in die Russiese land. Moet self kosmaak – dis okay – maar wonder ek toe wie gaan sy klere was……..hy kan nie eers sy klere reg opvou nie😉 Ek hoop maar daar is laundromats of so iets. Sal hopnlik vanaand van hom hoor. Ek verlang my dood😦

Dankie vir julle almal se bemoediging….dit gaan rerig ‘n lange 3 maande wees. Ek loer en loer vir die tyd….en dit stap op ‘n slakkepas…..

tyd.jpg


Liefde groetetjies

Sonneblom

3 Responses so far »

  1. 1

    ekke said,

    Ai tog, baie sterkte vir jou!

    Watter soort werk het jou man daar gaan doen?
    Gaan dit net vir 3mnde wees?

  2. 2

    Marina said,

    Sterkte Sonneblom…….hoop die tyd vlieg vir jou!!!!

  3. 3

    Dellie said,

    Ag my ding, hy sal cope! Dis die vinnigste wat hulle leer, as daar niemand is om hulle klere te was en op te vou nie!

    Hey, onthou ekke het jou getag… 10 dinge wat jou afpp???


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: