…..and it finally happened…..

Hi julle,

vliegtuig.jpg

Nou ja, die tyd wat ek so nie na uitgesien het nie, het toe aangebreek. Manlief is weg. Hy het gisteraand half 9 gevlieg.

Gister is ons deur om sy vlieg kaartjie te gaan haal. Hy gaan mos Rusland toe vir 6 weke. Ek vat daai kaartjie en beloer dit so van ‘n kant af….. HY KOM EERS DIE 1ste MEI TERUG!!!!! Dis 3 MAAAAAANDE!! 12 WEKE en 4 DAE!! O toggie, hoe gaan ek cope.

Skoonpa en skoonma het aangebied om ons deur te vat lughawe toe. Moes 3 ure voor die tyd daar wees. Manlief het een ou wat saamgaan daar gekry. Die het vroeer die dag van Durban af ingevlieg. Hulle is ingeboek en die ou gaan toe maar deur om te wag. Ons besluit om te gaan koffie soek iewers. Plekkie gekry en ons bestel koffie. Ek en skoonma kry elkeen ‘n stukkie koek, en meisiekind bestel vir haar slap tjippies en ‘n coke. Rekening kom(dankie skoonpa vir die betaal) kos een koppie(en dis piepklein koppies) koffie R12.00! Daai koffie plek sien my nie weer nie.

Soek toe plekkie buite waar ek gou kan rook, en manlief sê hy wil gou opgaan om die vliegtuie te gaan kyk. Skaars daar gestaan en loer, toe ons die tyd sien, moes hy al deur gegaan het om te ‘board’. Trek daar weg, want hy moet nog gaan geld omruil voor hy klim. Noodeloos om te sê, daar was nie tyd vir trane nie. Was woeps waps en daar hol hy. Tot my stommigheid. In die kar bel hy my gou voor hy op die vliegtuig klim….toe wil ek grens. Maar hy sommer baie vinnig ‘kamma kamma met my geraas’…..is okay, ek het tog gehuil……..3 MAANDE is LAAAAANK!!!

calander.jpg


Vanoggend toe ek my pc aansit – net na 6 – kry ek die mail:

Subject: hi liefie toets van vliegtuig
Body Text: ons is nou naby istanbul as ek vroer dıt gesıen het sou ek lankal op gewees het lıefde ekke dıt kos r15 vır 1 maıl sal later sıen D

Hoekom was ek nie half 6 by my pc nie…..tsk..ai tog.

sneeu.jpg


Hulle vlieg eers na Istanbul, vandaar na Moscow en dan weer na Samara, waar dit -30c is en die sneeu 9 voet diep is….my arme man. Hulle sal vanaand om en by 8 uur daar land.

sleep2.jpg


Ekke slaap darem nie alleen nie. Meisiekind het haarself heel tuisgemaak in ma se bed. Ma kan mos nie alleen slaap nie…hehehe. Ag sy is so sweet die kind. Maar ek gaan sukkel…..kan nie lekker slaap sonder my liefie nie. Ai…..drie maande is laaaaank. 😦

 

werk.jpg

Vanoggend is en in volle beheer gedompel van die besigheid. Seuna is al 6uur vanoggend reg en kom hied en gebied my rond….hy wil gaan werk. Vader! ek is nog nie eers wakker nie! Hy is reg vir die ding….. Hy het net nog nie besef hoe besig gaan dit raak vandag nie. Die weer het havock gesaai hier op die rand. Die foon hou nie op lui nie. Almal se goed is geslaan deur die weer. Ek voel jammer vir die kliente, maar ek voel goed oor die besigheid. Wil graag myself bewys diekant.

Manlief se broer het gesê hy sal help, maar vrydag skreeu hy omdat my kind nie iets weet nie….seuna leer ook maar nog…..sê hy ons moet hom stuur vir ‘n kursus….. Ek praat gister so met skoonma, en sê ek weet nie wie gaan my help as ons vasbrand nie. Die woorde borrel toe so sommer uit my mond “Liewe Jesus sal my help” So ek is vol moed en spoed…….vir nou. Sal maar aanhou bid en raad vra…

 

paint.jpg

Meisiekind het vrydagaand ‘n sleep-over gehad by een van haar maats.  Sy is na skool soontoe.  Hulle(klomp vriendinne) is saam die een maat na haar kunsklas vrydag middag.  Saterdag oggend kom sy huis toe, en sit ‘n skildery voor my neer.  Pragtig geverf, met olie verf.  Ek sê toe vir haar, ‘dis pragtig, wie het dit geverf?’  ‘Ek self’  sê sy.  Ek het net daar begin tjank (doen dit baie deesdae lol).  Die kind van my het nog nooit in haar lewe ‘n kwas vasgehou nie!  Manlief het net oopmond die skildery staan en aangaap.  Dit was gesamentlik ‘n skok en ‘n verrassing.  Die kind het absoluut ‘n natuurlike gawe vir verf.  En nooit het een van ons dit geweet nie, nie eers sy nie.  Nou gaan ek haar maar stuur vir klasse.  Ek sal foto neem van die skildery en dit post eendag.  Ma se hart wou bars van trots.

 

Nou ja mense, hoop julle week is vrugtevol.  En ek hoop my week (3 MAANDE) vlieg vinnig verby🙂

Liefde Groete

Sonneblom 

5 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Ai tog, my beurt vir groet kom ook al hoe nader. Ek haat koebaai’s!

    Sterkte met alles hierdie kant, ek is seker jy sal binne ‘n paar dae jou voete vind en OK wees. En ons is mos hier as jy histeries aan die huil wil gaan?😉

    Ons wag vir die foto van daai skildery…

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    Dankie, ek sal OK wees as liefie terug is….lol Hulle het17:40 ons tyd by die woonstel aangekom in Samara….moes buite in die sneeu staan en wag vir die sleutels wat iewers missing geraak het. Was op daai stadium -8 grade. Ek dink hulle gaan ‘n kliphou slaap vanaand.

    Groetetjies
    Sonneblom

  3. 3

    Adelem said,

    ((Sonneblom)) Sterkte ou Girl! Dis aaklig om so grasweduwee te wees…

  4. 4

    Zee said,

    Sonneblom, voor jy jou ogies uitvee is hy terug, maar dis maar ‘n bummer van die 6 weke na 3 maande maar ek glo hy sal baie kontak met jou hê. En hoe oud is daardie meisiekind van jou wat nou in ‘n skilder ontpop? Soos Dellie sê, wys bietjie vir ons!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: