om soos ‘n hond te voel…….

Dit was seker DIE moeilikste ding wat ons ooit in ons lewe moes doen.  Om iemand af te dank.  Ek verstaan nou hoe voel dit om soos ‘n hond te voel.  Maar wat is meer belangrik…ons besigheidsbelange of om iemand aan te hou wat ons skade gaan berokken?  Ek wil huil.  Ek sit met ‘n kop vol gemengde emosies.  Manlief is net so upset.  Seuna sê ons is harteloos.  En ‘N’ staan rond asof hy doodstyding gekry het.  Kan ek maar gil????  Ek bid dat hy vinnig ander werk kry, want sy baba is 3 dae oud.  Maar gister was die laaste strooi wat ons kon vat.  Hy het bloot net laat weet hy gaan binnelandse sake toe – via sms – met die laaste woorde “dit kan nie anders nie”  Ek meen, ek is nie sonder hart nie, maar ek sou ook sy vrou rondgery het as dit moes.  Hy werk maar 3 weke hier, en is baie nie lus om sy deel te doen nie.  Ek gaan nie baie skryf vandag nie.  Ek gaan eers morn…… en hoop ons kry iemand wat iets weet in sy plek…en vinnig, want manlief vlieg seker binne die volgende week, indien dit nie voor die naweek al is nie……..

Stres groete

Sonneblom 

4 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Ek kan dink dat dit nie ‘n maklike besluit was nie, maar onthou, dit was in belang van julle besigheid en julle eie toekoms. As hy nie gekwalifiseerd is vir die werk, en nie sy kant bring nie, sou hy net baie skade in die langtermyn aangerig het.

    Sterkte jong, ek hoop hy kry gou ander werk, en julle iemand wat actually die job kan doen!

  2. 2

    Zee said,

    Sonneblom, kan my nie indink hoe jy vandag moet voel nie, sterkte en hoop julle kom gou reg.

  3. 4

    boendoe said,

    Sonnie, ‘n mens moet doen wat reg is. Die ou moes geweet het hy het nog net 3 weke by julle gewerk. Hy kan nie links en regs net afvat nie. En julle moet na julle sakebelange ook kyk. Dis sleg, maar as mens nie gehelp wil word, dan moet jy die vrugte pluk. Moenie sleg voel nie. As julle sou ondergaan agv hom, het hy in elk geval sy werk verloor.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: