reen.jpg

Hulle sê ‘it never rains…it pours’.

 

angry1.jpg

Vanoggend het manlief sy toys uit die kot begin gooi oor ons ‘werknemer’. Nie direk op hom gemik nie, maar op my. En ek het sommer dadelik ook op my perdjie gespring. Maar ek het instinktief geweet dit gaan nie oor my nie. Ek het sommer aan die baklei gegaan met N. Manlief het my na ‘n site gestuur saam my kind, en vir N saam hom gevat vir die dag. Wat gaan gebeur vanaand as hulle terugkom weet ek nie, maar een ding is verseker, mens kan nie iemand ‘n groot salaris betaal wat nie eers ‘n laborer se werk kan doen nie. Sal maar nog sien.

 

stuck-in-mud.jpg

Ek en seun is toe na die plaas waar die mense ‘n probleem het. Daar aangekom sit ons toe so amperkies in die moddergemors vas………met die 4×4……. Ja ja ek weet, maar ek panic gewoonlik vinnig. Gelukkig het seuna kop gehou en ons is daar deur, met ‘n gegly en al. Sommer gou ook die fout gekry (mense se knoppies was so vuil dat dit vasgehak het). Ons is daar weg oppad na die volgende site. Stop toe gou by die kaffee vir koeldrank ens.

 

ooievaar.jpg

Manlief bel en sê ons moet gou by N se huis stop……..sy vrou is in kraam en moet hospitaal toe!! ‘Kom seun, vandag vang ons baba’ sê ek vir hom. Seun skud net sy kop en sê hy het nie die maag vir dit nie, en die enigste vrou wat hy wil sien geboorte gee is sy eie vrou eendag. Daar gekom laai ons haar voor in die 4×4, en seun spring agterop. Nou, die paaie is maar baie sleg hier rond. Ruk en pluk met haar tot by my huis en laai haar oor in my zoom-zoom.

car2.jpg


Gooi die noodflikkers en hoofligte aan en daar jaag ons na die naaste staatshospitaal (+-30km). Eers oppad vra ek hoe ver is die pyne. ‘So 3 minute’. Eers toe vra ek of haar water al gebreek het. ‘Nee nog nie’. En dis waar ek toe nou panic slaan. Wat as die vrou se water in my nuwe kar breek!!! En ek sit voet in die hoek en sê byt vas! Ek het in rekord tyd die vrou by die hospitaal gekry. Gevleg soos ‘n wafferse expert tussen die verkeer en oor robots en stopstrate. Kon haar nie gou genoeg aflaai nie. Klink seker wreed, maar nadat die ‘nurse’ by die hospitaal my gesê het watter gemors dit is en hoe dit kan stink, is ek maar tog te bly ek het haar betyds by die hospitaal gekry. Nou hoop ons maar net alles verloop goed verder, en dat sy ‘n gesonde baba in die lewe sal bring.

 

baby.jpg

Oppad terug is daar padblokade. Die volgende joppie is weer in die selfde rigting, en ons sal weer deur die blokade moet ry. En die bakkie se lisensie is agter. Wanneer ons tydjie kry om te gaan uitneem, is die krag af, of die sisteem is af. So maw ons is nou half gestrand by die huis. Kan ongelukkig nie die lere ens in zoom laai nie……sallie werk nie. Voel nogals snaaks om my kind hier te hê vandag.

 

stop.jpg

Nou ja, julle moet ‘n wonderlike naweek hê.  Ek wens net die son wil bietjie skyn…maar ja, regte baby-making-weather   🙂

naweek.jpg


 

Liefde groete

Sonneblom

4 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Oeeeie! Sonnie, jy het ‘n interessante lewe, jong! Ek het nou gele soos ek lag vir al jou dinge!

  2. 2

    boendoe said,

    Oi, kon jy regkom met die berig uit Botswana? Jy het my nuuskierig!

  3. 3

    Dellie said,

    Lekker inskrywing, ek like jou prentjies so op die regte plekke!

    Is dit toe ‘n seun of ‘n dogtertjie? En ek is ook nuuskierig oor daai berig, maak plan jong!

  4. 4

    boendoe said,

    Dankie vir die mail. Dis skokkend, om die minste te se. Ek hoop net daai uitvaagsel is nie tipies van die lot nie.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: