ZOOM-ZOOM :)

Hello almal,

Soos ek belowe het….ek is terug🙂 En ek is ‘n happy puppy. Ek het genoem dat die jaar maar relatief deurmekaar was sover. Die rede? Alles en nog wat.

Eerstens is dit die stres van Rusland. Manlief is nou nog hier. Probleme met die visums. Nou begin hy al wonder of hy nie liewer moet bly nie. Rede hiervoor: Die nuwe werker wat ons aangestel het!

Ek het die man se ma in ‘n winkel raak geloop. Ek en manlief het jare saam haar en haar seun gewerk. So met die gesels deur vertel sy my dat sy wens haar seun kan ander werk kry, want siestog, hy staan dou voor dag op en kom middernagtelike ure terug by die huis. En die se vroutjie is swanger en moet enige tyd ingaan. Met die gesoek na iemand om in manlief se plek die sake oor te neem in sy afwesigheid, noem ek toe van N.

Manlief bel hom, en hy kom vir onderhoud. ‘Ken jy die en daai….?’ ‘Ja ek ken dit’ Alles loop goed en ons stel die man aan. Na die eerste dag van werk, bel een van ons grootste kliente en vertel dat die man net daar rondstaan en dit lyk of hy nie weet wat om te doen nie. Met hom gepraat daaroor….. Dis nou al amper 3 weke later en die man weet NIKS!! My kind werk vir ons. Is nog ‘n ‘appie’. Hy weet meer as die nuwe ‘bestuurder’ Die ou gaan ons onherroeplike skade aan ons besigheid bring. Maar hoe laat ons hom gaan? Sy vrou is op haar laaste. En hy het sy ander werk bedank om hier te begin….. Dis een moerse kopseer op die stadium. So manlief is bang as hy terugkom van Rusland af het hy nie meer ‘n besigheid om te bedryf nie.

Dan kom ek nou by storie nommer 2.

Julle kan onthou van my kar wat ek wou hê. Dit was mos die blou T4 Volvo. (foto op vorige posting) Manlief besluit hy wil sy 4×4 inruil op die kar vir my. Maar………hulle (die ouens by die garage) het gedink hulle gaan die bakkie by ons steel! En dit was die begin van nagte se slaaploosheid en later baie trane. Die verkoopsman by die garage was een van die ongeskikste mense wat ek nog gesien het. Mens sou sweer hy doen ons een helse guns om ‘n kar aan ons te verkoop. Nou kyk…en hou van diens. Kry ek nie diens nie, dan loop ek. So eenvoudig soos dit.

Gaan na ander garage. Hulle bied ons darem so bietjie meer aan vir die bakkie, en ons besluit op ‘n demo ford fiesta. Doen aansoek en alles is goedgekeur. Intussen gaan ons na ander garage, en vind uit oor die nuwe Mazda 2. Lieflike lieflike kar. Doen aansoek daar vir finansiering, word goedgekeur, maar ons moet iets soos R30 000 inbetaal sodat hulle ons bakkie kan aflos!!!

Die verkoopsman bedank en gaan na Tata. Bel ons en sê ons moet kom kyk wat kan hy ons aanbied daar. Ons gaan soontoe, want ek wil nie regtig ‘n Fiesta ry nie. Toetsbestuur toe ‘n demo Tata Indica diesel turbo. Kar loop te lekker en als, maar ek hou nie van die kleur nie. (Eintlik…..ek het klaar my hart op die Mazda 2 gesit, en die ander karre ‘compare’ net nie)

Maar als gaan goed en die finansiering word hier ook goedgekeur, sonder deposito. Die Vrydag sê hulle ek kan Saterdag my Tata kom haal, en hulle vat die invoice om gedoen te word. Maar die girl wat die papierwerk moes doen, besluit sy gaan vroeg huis toe en gee dit aan die ander girl oor. Die besluit maar sy gaan ook vroeg huis toe, en niemand doen die nodige werk nie. Saterdag oggend half elf laat weet die verkoopsman die papierwerk is nie gedoen nie, en ek kan nie my kar kry nie.

My motto – swak diens en ek loop. Ek staan voet by stuk en sê hulle moet die deal los. Eks gatvol. Ry na ons Mazda garage toe, (die een by wie die finansiering van die fiesta nog goedgekeur is) en doen daar aansoek vir die Mazda 2. Intussen soebat die Tata verkoopsman ons moet terugkom en ‘n kar by hom koop. Het half bevriend geraak met die man. Was naderhand so deurmekaarspul dat ek ineen wou stort. My man het ook nie geweet watter kant toe nie. Hy wil die verkoopsman wat baie moeite gedoen het nie ‘drop’ nie, maar hy wil ook nie sy vrou ongelukkig hê nie. Ek sê vir julle, my kop het gespin. En ek het regtig baie gehuil. Ek hou nie van ‘n getoutrekery nie.

Na ‘n maand se gesukkel – het ek eergister die trotse eienaar geword van ‘n splinternuwe Golden Yellow Mazda 2. En ek is in die wolke. Dit was erger om ‘n kar te koop as wat dit is om huis te koop. Ek het maagseer begin kry van al die stres. Om nie eers te praat van manlief nie. Maar ek kan vir julle dit sê, die karretjie is regtig een van die beste karre op die pad. I just looooooooooooooove this car🙂 En ek is amper weer myself.

Nou ja, dit was een elle lang posting. Sal my beste doen om nie weer so lank te neem om te kom post nie.

Lekker daggie vir almal

Zoom-Zoom groete🙂

mazda-21.jpg

mazda-2.jpg

Die fotos is nie my kar nie – het dit van die internet getrek, lyk presies soos myne.  Ek het nog nie fotos van myne geneem nie…..maar ek sal nog🙂

Sonneblom

4 Responses so far »

  1. 1

    Zee said,

    Zoom zoom, aitsa ne!!! Happy milage. (En jy het omtrent geshop till u drop!)
    En hier dink ons jy is n grasweduwee😆

  2. 2

    boendoe said,

    Aitsa, vrou! Spoggerig, jong! Jy maak my sommer groen. Maar ek’s bly jy is nou happy.
    Net jammer van die arme man wat nog steeds op julle nekke le. Gaan julle hom maar hou?

  3. 3

    Dellie said,

    Jinne, julle was omtrent bedrywig! Nou verstaan ek hoekom jy so lanklaas saam ons gekuier het.

    Jou tjorrie is pragtig! Ek is ook sommer jaloers. Nie dat ek kan rondrits nie, my rybewys het mos verval…😆

    Lekker naweek, en kom kuier gou weer, hoor!

  4. 4

    ^stoutsus^ said,

    Ag, jou ou bliksem. Ek eyeball daai karretjie sedert sy eerste advertensie op TV. Geniet hom!

    Ek sal hou van ‘n rooie, dankie Kersvader.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: