2008

 

new-year.jpg


Nou ja, 2007 het sy alie gesien, en hier is ons nou in die nuwe jaar. 2007 het sy hoogte en laagte punte gehad. Meisiekind is hoërskool toe. Seun het uiteindelik sy leerling lisensie gekry. Manlief en ek het ons besigheid begin. Ons het geen geboortes, troues en dank Vader geen sterftes gehad gedurende 2007 nie.

 

 

new-y-resolution.jpg

Wat 2008 inhou sal ons nie weet nie. Voornemens het ‘n manier om by die agterdeur uit te spring vinniger as laas mand se pay. Maar daar is paar dinge wat ek graag sou wou doen – hopelik met sukses.

 

 

skaal.jpg

Ek wil beslis gewig verloor voor ek 40 slaan. Dalk nie mooi maer word nie, maar ten minste 10 kilo’s verloor. Ek het vir ons muurbal goed gekoop. Ons wil begin muurbal speel. Ek en skoonsus. Net om toe uit te vind hier is geen fasiliteite in die ou dorp van ons nie. By die sportsklub gaan hulle in die jaar begin om die ou bane op te knap. Wanneer dit eendag sal klaar gaan wees weet niemand nie. Die enigste gym in die dorp het bankrot gespeel. So dis ook ‘n no-go. Om te gaan draf hier is buite die kwessie. Dis hopeloos te gevaarlik. Sal iewers moet plan maak.

 

 

pottery.jpg

Ek wil al baie baie jare met klei begin speel. Pottery. Ek soek die draai tafel en oond. Wie weet, miskien kan dit die jaar realiseer. Sal so lekker wees om my eie goed te kan skep. Ek dink dit moet vreeslik ontspannend wees om iets te maak van niks af nie. Die soektog is aan vir ‘n oond en draaitafel.

 

kuiken.jpg


Ek wil ook my eie besigheid op die been bring. Wil ‘n webblad hê waarop ek my goodies kan doen. Maar daarvan vertel ek eers later in die jaar.

 

 

volvo-2.jpg

Goed waarna ek uitsien – Ek gaan heel moontlik ‘n ander kar kry. Ek het my hart gesit op die een. Volvo S40 T4. Tweedehands. Die probleem is ons weet nie of gaan die bank hom finansier nie. As ek hom nie kan kry nie, gaan ons soek vir klein nuwe karretjie. Manlief gaan sy 4×4 inruil, en Seuna gaan my kar oorkoop by my. Dis nou as alles goed gaan.

 

 

russia.jpg

Ek gaan van ongeveer die 7de Januarie vir 6 tot 8 weke grasweduwee wees. Manlief gaan Rusland toe. Moet nog vir hom gaan warm onderklere soek. Ek weet nie waar nie, aangesien al die winkels hier somersklere verkoop. Dit is bitter koud daar. Warmste in die dag is -6 grade. Ons wil nie hê sy crown jewels moet af vries nie…hehehehe.

 

 

cold.jpg

En ons moet iemand soek wat die besigheid kan handle terwyl hy weg is. Dis wat my die meeste opstres op die oomblik. Ons sal dit maar dag vir dag neem. En dan voor ons ons ogies uitvee is dit weer einde van nog ‘n jaar. En dan kyk ons weer terug en kyk hoeveel van die voornemens het wel gerialiseer.

 

blogfriends.jpg


Ek wil ook net vir al my blog maats ‘n baie voorspoedige nuwe jaar toewens. Mag al jul drome en wense waar word in die jaar. Mag dit vir ons almal ‘n goeie jaar wees. By the Grace of God………….

 

Liefde groetetjies

Sonneblom

11 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    “By the Grace of God” indeed! DIe mens wik, maar God beskik. Die regte goed sal met ons gebeur.
    Jy het baie hooi op jou vurk vir 2008, Sonnie! Dis goed, hou mens besig en aan die gang.
    Vreet jou man maar solank op.😀
    Sterkte met die warm klere soektog. Dit verseker nie maklik om nou iets warms te kry nie.

  2. 2

    Dellie said,

    Hallo jy!

    Ek was bietjie ernstig afk vir die afgelope tyd, maar nou moet ek eers bietjie weer kom opvang by almal. Sjoe, 2008 klink of dit bedrywig gaan wees vir jou. Mag alles vir julle reg uitwerk, en ons nog baie lekker kuiertjies geniet.

  3. 3

    Roer said,

    Sterkte met die dat manlief oorsee gaan en voorspoed vir die nuwe jaar!

  4. 4

    boendoe said,

    Hi Sonnie,
    As die comment deurgaan, gaan kyk bietjie in jou spam boksie. Ek het al gecomment, maar niks van my gaan nou meer deur nie!

  5. 5

    Dellie said,

    Hellooo! Is jy besig soos ‘n bytjie? Kom bietjie op vir asem, jong!

  6. 6

    boendoe said,

    Sonnie, ek hoop die comment gaan deur. Sterkte vir die tyd sonder jou man, jong. Bly maar lekker besig, dit hou die verlange bietjie weg. X

  7. 7

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,

    Boendoe, sorry man, ek was bietjie lanklaas hier. Ek het so paar van jou comments kon red. Weet nie of is dit almal nie. Wonder hoekom doen wordpress dit? Baie snaaks.

    Dit gaan maar erg rof hier. Kry niks reg wat ek moet nie. Manlief vlieg enige tyd van more af. Vet weet hoe gaan ek regkom hier met als.

    Nuwe ou in diens geneem…..en dinge lyk maar nag. Maar ek sal julle later kom inlig. Die jaar begin regtig te wild na my sin……..

    Liefde groetetjies
    Sonneblom

  8. 8

    Zee said,

    Uiteindelik het ek jou blog gevind, kon net nie as ek op jou naam klik by jou uitkom nie, moes gou backtrack op comments. Voorspoed grasweduwee, weet dis nie altyd lekker as die ander helftes weggaan vir ‘n paar weke nie. Mens het hulle darem maar somtyds nodig😉

  9. 9

    sonneblomseplekkie said,

    Hi zee,

    Wat sal ek sê. Smaak my dis rowwe tyd vir hom om nou te gaan. Sien swaarigheid…lol

    Groetetjies
    Sonneblom

  10. 10

    Dellie said,

    Sterkte Sonnie, maar ek dink jy sal OK wees. As mens so op jouself aangewese is, krap jy gewoonlik talente uit wat jy nie gedink het jy het nie!

  11. 11

    boendoe said,

    Sonnie, jy is baie stil. Druk die lewe erg? Is jou man al weg?
    Laat weet hoe dit gaan daar, toe.
    X


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: