From Russia with Love

Hi almal,

paspoort.jpg

Ek het weereens gesien wat is die noodsaaklikheid van ‘mens moet sorg dat jou goed reg is’. Verlede jaar toe ons vir meisiekind haar paspoort laat hernu, wou seun mos nie ‘worry’ nie. Hy stel nie belang om saam Mozambique toe te gaan nie. En dus het hy nie paspoort nodig nie. Wel ek het al genoem die kind se graad van hardkoppigheid is 99%. So ons het dit toe maar gelos.

Vrydagaand bel een van my man se werks kennise. Die maatskappy waarvoor hy kontrakteer soek ‘n appie. En omdat hy weet my seun is hardwerkend nomineer hy hom toe sommer. Waar gaan hulle heen? RUSLAND!!! Delemma, want hy moet die 6de Januarie op die vliegtuig klim. Sonder ‘n paspoort!

rusland.jpg

Manlief en hy is nou deur binnelandse sake toe. Ek kan maar net hoop hulle is nog oop. En ek kan maar net hoop dat hulle iets vir hom kan doen. Seuna is in die 7de hemel oor die werk. Vir die feit dat dit buiteland is, en vir die geld. Geld is baie goed. En natuurlik….Rusland is die ‘creators’ van VODKA! Sy fav drink.

vodka.jpg

Hy vertel sommer net so hy kom nie terug nie. My arme swak moederhart. Ek hom gesê dan beter hy genoeg geld maak om sy ma oor te vlieg…..hehehe. Ag julle moet duimpies vashou. Dis ‘n henge opportunity vir ‘n jong mannetjie. En wie weet, hy ontmoet dalk vir Katia, of Tatania, of Olga…😀.

Ons het vrydagaand gaan fotos neem van die liggies. Hier is dit mos mode om jou huis op te maak met kersliggies. Hier is paar pragtige huise. Met 3 selfone gewapen vaar ons toe die dorp in. Neem klomp fotos. Manlief is nie baie geduldig nie, so stop ook maar net vinnig. Dis hartseer, want daar is omtrent net 1 of 2 fototjies wat amper mooi uitgekom het. Ek sal dit plaas, maar sal weer een aand gaan afneem. Met kamera.

kersliggies-1.jpg

kersliggies2.jpg

kersliggies3.jpg

Verder wil ek net vir almal ‘n baie geseende kersfees en ‘n wonderlike nuwe jaar toewens. Ons sal seker so by vrydag se kant opgaan Moz toe. Meisiekind wil nie saam nie, want daar is niemand wat haar kan company hou nie. So dit sal seker net ek en manlief wees. Afhangende hoe lekker ons kuier, sal ons seker die 5de of 6de Januarie terugkom.

kersfees.jpg


Liefde groetetjies

Sonneblom

Ps: ek sit die clip op.  Dellie, ons wag vir jou op Battlefield.  Hier is bietjie fun met Battlefield.  Enjoy

6 Responses so far »

  1. 1

    sonneblomseplekkie said,

    Ai, die flippen nuwe Suid Afrika! Hoekom as iets werk moet hulle dit verander? By binnelandse sake was daar ‘n tannie wat ons altyd so mooi gehelp het. Ja dit is moontlik om jou paspoort binne 2 weke te kry. As die poepholle net hulle vingers uit hul dinges uit trek! Die sisteem daar het so vlot en mooi gewerk. Manlief bel nou. Alles het verander. Net klomp AA people wat nou daar werk. En natuurlik GEEN moete nie. Hy sal maar moet wag. 6 Weke lank. Dit maak mens net nog meer bitter vir die land. Geen wonder my kind sê hy wil nie terug kom nie. Ons hoop maar net hy sal met die volgende kontrak saam kan gaan. Dis so sad.

    Sonneblom

  2. 2

    Eben said,

    Ek het jou ge-epos …. bel my miskien kan ekke help.
    073 430 4960 voor 13h30

  3. 3

    ekke said,

    IN die Beeld is daar iemand wat sal kan help met ‘n paspoort – ek het ongelukkig nie meer sy nr nie!
    Ek kan ook nou net nie onthou onder wat het hy sy dienste geadverteer nie.

    Hoop jy kom reg!!

  4. 4

    ekke said,

    Hier is nou heelwat nrs waar jy dalk geholpe kan raak!!

    Visa Solutions
    C/o Jan Smuts Ave & 6th Rd
    3rd Fl South Wing, Hyde Park Cnt
    hyde Park
    Sandton
    Phone 011 3255891
    category: passport I D Documentation

    Don’t-q (pty) Ltd
    196 Louis Botha Ave C/o Osborne Rd
    willow Grove, Grove City 3rd Flr
    orange Grove
    johannesburg
    Phone 011 7282815
    category: passport I D Documentation

    passport Services
    113 Van Riebeeck Ave
    edenvale
    Phone 011 4527729
    category: passport I D Documentation

    Willy’s passport Services
    Kinross Rd
    germiston
    1401
    Phone011 8732594
    category: passport, I D & Travel Documents
    African Visas And passports
    12th Av
    orange Grove
    johannesburg
    2192
    Phone011 6404970
    category: passport, I D & Travel Documents
    passport Centre
    Randview Av
    ferndale
    randburg
    Phone011 7924517
    category: passport, I D & Travel Documents
    Q 4 passports & Licenses
    Church St
    mayfair
    johannesburg
    2001
    Phone083 3901500
    category: passport, I D & Travel Documents
    Willy’s passport Services Edenvale
    Van Riebeeck Av
    edenvale
    1609
    Phone011 4527207
    category: passport, I D & Travel Documents
    Q No More
    2nd Flr Admin Block, New Market Race Course
    alberton
    Phone0861 777555
    category: Vehicle Licensing & Registration, queing Systems &/or Service, passport, I D & Travel Documents
    Minutes Plates & Licences
    Church St
    mayfair
    johannesburg
    2092
    Phone011 8375995
    category: passport, I D & Travel Documents

  5. 5

    Applekie =) said,

    Hello almal,

    Ek wou maar net kom se hi, julle sal my nog nie ken nie, maar ek is nuut met blogging =). Julle kan maar vir my hi kom se op my nuwe blog as julle wil…hehe.
    Sonneblom, ek lees baie jou blog, en ek dink dis great… Dis waar ek die idee gekry het om ook ‘n blog te begin =).

    http://www.applekie.blogspot.com is my blog – adress, hoop om julle daar te sien.

    Wel, groete aan almal, en “happy holidays” =)

    Applekie

  6. 6

    boendoe said,

    ‘n Pel moes so drie maande gelede ook DRINGEND ‘n nuwe paspoort kry. Dieselfde storie, hy moet ses weke wag. Wel, hy het R500 saam met die aansoekvormpie oor die counter gestoot, en twee dae later sy paspoort gekry. Dis korrup, ek weet, maar benoude kat maak benoude spronge!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: