Tiener Liefde

hartseer-1.jpg

Hier sit ek vanaand, my ogies rooi gehuil, nie net oor een kind nie, maar oor altwee my kinders. Daar is 2 mense op die aarde vir wie ek sal moord pleeg, en dit is my kinders. En ek wil hulle nie sien seer kry nie. Ek kan dit eenvoudig nie hanteer nie. Dalk is ek oorbeskermend, maar dit maak nie saak nie. Hulle is my lewe en punt.

My seun – 19 jaar oud, pragtige jong man, aantreklik, met die mooiste morele waardes. 80% Introverties. Goed gemanierd. Sal om die dood nie voor ons vloek nie. Rook nie voor ons nie. En, hy het nog nooit ‘n meisie gehad nie. Hy was nog nooit een maal uit op ‘n ‘date’ nie.

Neef het vir hom ‘n meisie se nommer gegee. Die 2 het gesels. Dit het elke gryntjie moed gevat om die meisie uit te vra om saam hom te gaan koffie drink. Nie disco toe nie. Nie fliek toe nie. En beslis nie enige planne met haar gehad om bosse toe te voeter met haar nie.

Hy was so in sy noppies. Sy eerste ‘date’. Ek het hom so geniet voor die tyd. Hy maak nie baie oop nie. Hy hou gewoonlik alles vir homself. Hy het skoon toegelaat dat ‘ma’ vir hom bietjie raad gee. Ek het nogals ‘n grappie met hom gemaak. “As sy ‘n oordentlike meisie is, pas haar mooi op en kyk na haar, en as sy sletterig is, los haar daar” Dit was regtig net ‘n grap. Die meisie wou nie hê hy moet haar by haar ouerhuis gaan haal nie. Hy het gesê dis nonsens, as sy moet iets oorkom op ‘n plek waar hy haar moes kry voor hy by haar uitkom, sal hy homself doodmaak. Hy sal nie kan saamleef met die feit dat sy iets oorgekom het terwyl sy vir hom moes wag nie.

Maar sy het aangedring dat hy haar iewers kry. Sy was daar saam van haar vriendinne, en het hom verseker sy is veilig. Hy het haar gebel, en gesê hy is oppad. Sy het hom gevra om haar nog ‘n halfuur te gee. Intussen sit hy by die roadhouse en wag dat sy hom moet laat weet hy kan haar kom haal. ‘n halfuur gaan verby en hy bel haar weer. Sy antwoord nie haar foon nie. ‘n Uur later bel ek hom, net om uit te vind sy het nog steeds nie van haar laat hoor nie, en dat sy nie haar foon antwoord nie. Lang storie kort…..die meisiekind het hom gedrop.

Terug gekom by die huis, is my kind plat. PLAT. Sy woorde aan my was ‘Weet jy hoeveel moed het ek bymekaar geskraap om vir die eerste keer ‘n meisie uit te vra. My eetste date, wat ‘n date!!! Ek sal nie weer nie. Ek sal maar alleen oud word. Mens het net soveel goed waarna mens uitsien in die lewe, jou eerste date, jou troudag, die geboorte van jou eerste kind, sy eerste dag op universiteit” En dis wat my geknak het, die byt op sy tande toe hy wou hartseer word, om dit vir my weg te steek. Op daai oomblik het ek gewens hy was 2 weke oud en ek kon hom beskerm en in my arms toevou.

Wat sê ek vir hom? Dat dit met almal gebeur? Die kind van my glo van baie jonk af hy is ‘gejinx’ En nou kom een stupid flippen meisiekind en kom voeter sy selfvertroue op! Ek is kwaad ja. So kwaad dat as ek haar nommer gehad het, het ek haar gebel. Ek het vir my seun gesê dis beter dit het nou gebeur, as wat hy dalk van haar begin hou, en sy maak hom dan seer. Noodeloos om te sê, hy het gaan slaap. Gaan lank wees voordat hy weer sal dink aan iemand uit vra. En dis so hartseer.

My meisiekind – 14 – ekstrovert – het ‘n kêrel. Die outjie is baie goedgemanierd. Hy hou nie eers haar hand vas nie. Groet oordentlik as hy hier kom kuier. Die kind is mal mal mal oor my meisiekind. Die probleem hier is dat sy nie diesefde voel oor die outjie nie. Hulle deel dieselfde belangstellings. Die kind se ouers is net so mal oor my kind.

Sy wil uitmaak met die outjie, maar wil hom baie graag as ‘n noue vriend hê. Maar sy wil nie die kind seer maak nie. Hier kom sy netnou, in trane, en kom vra my wat moet sy maak. Die kind en sy ma was glo vreeslik mishandel. Nou voel my kind dat as sy vir hom gaan sê sy wil uitmaak, gaan sy hom seermaak. Hy het vir haar gesê hy sal hartseer wees, maar as sy nie meer met hom wil uitgaan nie, sal hy verstaan.

En intussen voel sy omdat ons van die kind hou en sy ouers hou van haar, en sy bang is hy kry seer, word sy nou in ‘n hoek gedruk. Sy voel sy het nog net 4 jaar op hoërskool, dan gaan sy dalk universiteit toe, ontmoet dalk ‘n nice ou daar en trou. Dan is haar jong lewe oor. En dis wat sy nie op wil uitmis nie.

Niemand vertel mens wanneer mens kinders wil hê dat daar sulke tye gaan kom nie. Daar is nie ‘n kits handboek om die tipe van goed te hanteer nie. Die heel moeilikste werk op die aarde is om ‘n kind groot te maak. En mens het nie altyd die tools om hulle hartseer weg te vat nie. EK WENS DAAR WAS. Dis nie lekker om jou kinders so siels ongelukkig te sien nie. En ek huil harder as hulle.

Aan die van julle wat nog klein kindertjies het, berei julself voor. Dis harde en moeilike jare – tienerjare.

hartseer.jpg

13 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Sonneblom,
    Dis waar. Mens voel jy wil hulle beskerm vir altyd. Ek kry jou seun baie jammer. Dis ‘n aaklige ding wat met hom gebeur het. En die ergste is, mens kan troos soos jy wil, dit gaan nie sy seer beter maak nie.
    Sterkte daar vir julle.
    X

  2. 2

    Marina said,

    Sonneblom, ons ma’s huil maar stil stil in ons binnekamers vir ons kinders. Ons bly maar op ons kniee! Sterkte!!

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Boendoe,
    Dankie. As hy ‘n uitgeproke persoonlikheid gehad het, is ek seker dit sou nie vir hom so erg gewees het nie. Hy is nie een wat maklik maats maak nie, maar as hy maak is dit for keeps. En dit het hom nog nooit rerig gepla nie. Ek hoop maar ons Liewe Vader stuur vir hom ‘n ou mooi blommetjie op sy pad.

    Marina, soos jy sê, ons huil stilletjies. Dis net ‘n ma wat die pyn verstaan.

    Groetetjies
    Sonneblom

  4. 4

    Dellie said,

    Ag my hart is sommer saam met jou seer! Niks wat ons sê of doen gaan dit vir een van die twee makliker maak nie. Seun se hart is ook so ‘n jaar of wat terug gebreek, en van toe af het hy nog nie regtig weer ‘n girl gehad nie. Vriendinne ja, maar niks wat ernstig word nie. Dis maar hoe die lewe is, né!

    En ons was ook tog daar, maar die punt bly dat ons as mammas nie daai seer kan oorvat, of besluite neem vir hulle nie. En ja, dis seker cliché, maar dis deel van die hele grootword proses.

    Wees jy maar net daar wanneer hulle wel nodig het om te praat, of ‘n skouer soek om op te huil. En verseker hulle heeltyd dat JY hulle liefhet, maak nie saak wat nie.

    ((Sonnie))

  5. 5

    sonneblomseplekkie said,

    Ag dankie ou Dellie,

    Mens voel net so magteloos. En ja, jy is reg, dis deel van groot word. My groot vrees is net dat hy iets doms sal aanvang. Of dat hy dalk vertroue in verhoudings sal verloor. Hy het gisteraand vir my gesê as dit weer gebeur, dan sal hy nooit weer try nie, en dan maar alleen groot word. Sien hy gaan nie baie uit nie. Hy werk baie hard, en die werk wat hy doen sien hy nie regtig vroumense nie. Behalwe die ryk bedorwe brokkies van die who’s who, en in hulle stel hy glad nie belang nie. Maar ek glo sy lewensmaat is daar buite iewers. Ons moet haar net opspoor….hehehe. Regte ou moeder hen ek. 😉

    Liefdetjies
    Sonneblom

  6. 6

    Eben said,

    Gie gie mamma’s darem!!! Dis hoekom ons julle so lief het, daardie moederliefde. Sonnie … Sonnie, dis so dat ek as pa ook baie beskermend is ook Steyn (13) maar is tog hartseer as daar iets met hom gebeur. Soos ek altyd noem, daar is mediekasie vir alles, maar daar is GEEN pilletjie vir hartseer. Hy het juis op die plaas ‘n meisie ontmoet en is mal oor haar omdat sy tomboy is …. (Ek het hom laat belowe hulle kan saam rook, maar nie Dr Dr speel nie – sic!!)

    Jou seun, moet dit kalm vat, hy is jonk en op 19 is die lewe voor hom. Laat hy hard werk, bou aan sy loopbaan en ondervinding. Die lewe is snaaks, op ‘n dag daag daardie girl uit die bloute op. Hoekom wil hy elkgeval hom commentment op 19. Nee, laat hy lewe en dinge sal van self gebeur. Dalk vinniger as wat jy ook besef. Onthou ‘n ordenklike meisie soek ‘n ordenklike ou en jy sal sien soort soek …. reg geraak soort soek soort. (Hou ons ophoogte!!)

    Jou meisiekind, (hel my maar) maar op 14 moet sy nie eers dink aan verhouding nie. Sy moet jol saam haar maatjies en mal gaan. Ek stem, daar is net 4jr oor en hoekom haar ook verbind. Laat sy die mannetjie in die oë kyk (saam sy ma as sy wil) en noem sy maak uit, maar BREEK NIE DIE VRIENDSKAP NIE!! Okay dis ook nie lekker nie, maar na ‘n dag, laat sy hom skakel en noem, kom drink koffee, kom ons gaan fliek … en stel hom voor aan haar vriendinne en vertel hoe nice is hy. Op die einde van die dag is almal op hulle mooi vriendskap jaloers ….

    Hi … laat ek ophou, mens sal sweer ek is ‘n kinder/tiener sielkundige!!

    (((Sonnie en haar kids)))

  7. 7

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Eben,
    Dis presies wat ons almal soms vir mekaar is, blog sielkundiges. Dankie vir jou insig ook. Ek glo nie so seer hy wil comitted raak met ‘n girl nie, maar dis darem lekker om seker so af en toe ‘n meisie te kan uitneem? Hy is immers ‘n volbloed mannetjie. Ek het vir hom gesê sy maatjie sal kom voor hy sy oë uitvee.

    Wat my meisiekind betref, stem ek 100% saam met haar. Jy moet haar sien, sy is nog kind. En soos sy self sê “ek wil nie ‘vry’ in die bondel nie, maar ‘friends’ in die bondel” Hoera vir haar! Sy soek net ‘n groot groep vriende (meisies en seuns). Wil saam lan games speel, saam gaan fliek, en in die algemeen haar skool lewe ten volle geniet.

    Weereens dankie vir almal se insette. Ek waardeer dit opreg.

    Liefde groetetjies
    Sonneblom

  8. 8

    Eben said,

    He heeee Volbloed Mannetjie vertelle jy my!! Net jammer ek ken jou nie so goed nie, anders het ek voorgestel dat jy hom na my stuur hier by Letaba.

    Dan neem ek hom bietjie na Die Eiland toe. Alle Werêld, hy moet net die donkerste donker brille saam bring wat hy het. Daar is die mooiste onder mooiste langs die swembad. (Die brille is vir die doel, kop in een rigting en oge in die ander rigting, dan kan niemand regtig weet in watter rigting hy kyk!!)

    Mmmm smaak my ek gaan hom verkeerd leer …. (sic!)

  9. 9

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,
    Net update. Seuna is weer homself. Ek is tog so bly. Meisiekind het die outjie die trekpas gegee, maar wil goeie vriende wees met hom. Sy is ook weer vol smiles. En my rooi opgeswelde ogies is eers weer vanoggend normaal. Dalk onderskat mens jou kinders? Hulle is dalk meer resiliant as wat ons dink. Wens mens kan dit vooraf weet, sal baie gryshare en plooie vermy😀

    Eben, smaak my ook jy wil my kind stout leer…. Ek is reg vir skoondogter…nie vir ouma word nie hehehehe😀

    Lekker dag almal
    Groetetjies
    Sonneblom

  10. 10

    boendoe said,

    Ek is bly dinge is weer beter! Ek dink nogal mens onderskat jou kinders. Hulle moet ook maar leer om met hartseer en teleurstelling te cope. Net beter as dit kan gebeur terwyl ma daar is om bietjie vertroosting en simpatie te gee.
    Wanneer gaan julle met vakansie?

  11. 11

    Marc said,

    Wat voor taal spreken jullie man ik versta er niks van dat lijkt wel of jullie bijna geen woord nederlands kunnen

  12. 12

    sonneblomseplekkie said,

    Marc, hier in ons land (Suid Afrika) noem ons dit Afrikaans. Hoe dan dat ek jou verstaan en jy verstaan my nie? Dit blijk nie te moelijk te wesen nie?

    Groete
    Sonneblom

    • 13

      bianca said,

      x n 18dogter en ek voel die regte ou het nog nie op gdaag ni wats dan fout mt my of is ek te veel ytsoekerig en ek voel manet ek wil ook gelukkig wees soos die anders ….om te sien hoe die ander verliefdes is maak my hartseer en om net te dink ek sal nooit my trouman ontmoet ni.. baie hartseer

      groete
      sonneblom


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: