Kersfees nagmerries

 

house.jpg

Desember, Kersfeesmaand, Nagmerriemaand. Die Kers seisoen is vir my niks lekker nie. Dis die een tyd van die jaar wat ek graag sou wou skip. Dis die tyd van die jaar wat ek naas die winter die meeste depresief raak.

As kind het ons elke Kersfees by my ouma se huis bymekaar gekom. Almal. Ooms, tannies, kinders, en later jare kleinkinders, die lotte. As ek as kind ‘n keuse in die saak gehad het, het ek by die huis gebly. Ek kan eerlik nie sê dit was aaklig daar nie. Ek is maar net nie ‘n mens vir ‘n gesaamdrom van mense nie.  Ek was immers baie lief vir my ouma, en ons het ‘n redelike gehegte familie. Dis nou my ma se kant van die familie. Dis net ‘n persoonlike ding. Kom ek skep die prentjie:

Al die vroue het kos gemaak en saam gebring om sodoende nie te veel werk op ouma te plaas nie. In die kombuis raak al die vroue besig met die regmaak van die kos. Daar is dit ‘n gekekkel en gekekkel. Die manne is almal of buite, of iewers besig om die een of ander iets te bespreek. Daar is dit ‘n gezoem van man stemme. Die kinders is al gillende en laggende buite besig om te speel met al wat nuwe speelding is. En ons was baie mense. Dit het soms gevoel ek wil my ore toedruk en net vir ‘n oomblik die stilte geniet.

Na ouma se dood doen ons dit nie meer nie. Nou is al die kinders getroud en ons het kinders van ons eie. En dis waar probleem nommer 2 inkom. Die getoutrekkery oor by wie ons die kersfees moet kuier. Ek HAAT dit. En almal wat mens so skuldig laat voel want ons was nie daar nie.

My ma maak sommer kos en sinspeel dat ons daar moet wees. Skoonouers sinspeel dat ons na hulle moet gaan. Okay, kom ek wees eerlik. Skoonma en skoonpa is geskei. Ek kom moeilik met hulle oor die weg, want skoonma hou van inmeng, en wil altyd alles reg bid. Skoonpa verbeel homself hy is Hitler of De la Ray. Hy is ‘n diktator van vormaat, en moet net nie dit durf waag om jou eie mening te hê nie!!

My ouers aan die anderkant ….Wat sal ek sê…. Ek het ‘n pa wat nie veel liefde vir sy kinders gehad het nie. Kan mens lekker kuier? My moeder het na my broer se dood die wynbottel ontdek. En nee, sy raak nie dronk en val rond nie. Sy raak hartseer oor my broer, en dan is dit ‘n getroosery, en ek kan dit nie hanteer nie. Dan spring ek op my perdjie. Kan mens lekker kuier?

Ek maak spore. Wil by geen familie kuier Kersdag nie. Is dit reg om weg te hol? Is dit verkeerd om vrede te soek op Kersdag? Hoekom voel ek soos ‘n hond elke jaar die tyd? Ma het klaar die gammon gekoop. En hulle kry maar net ‘n klein pensioen. So daar begin die skuldgevoel.

Dit was aaklig verlede jaar.  Ons is Mozambique toe vir die Kerstyd.  Maar my seun wou nie saam nie.  Sien, hy het ongelukkig nie veel voorliefde vir die anderskleuriges nie.  As ma wil ek graag my kinders bymekaar hê oor Kersfees.  Doen ons ouers nie maar dieselle nie?  Wat moet ek doen?  Dis ‘n alewige tweestryd die tyd van die jaar.  Al wat ek soek oor Kersfees is rus en vrede.  En my kinders…..

Liefde groetetjies

Sonneblom

5 Responses so far »

  1. 1

    neykie said,

    Eerstens Baie Geluk met jou verjaarsdag vrydag.

    Ek dink jy kan mos nou al self besluit wat jy wil doen op kersfees jy het mos jou eie gesin nou.

  2. 2

    Eben said,

    Soe Sonnie, dit laat mens kopkrap. Ek sit in dieselfde groef as jy. Ons het ook altyd Brits toe gevoeter en dan by skoonouers gewees waar ons die ander familie gevra het bring alles saam wat jy sou geëet het en ons plaas alles op tafel en eet saam. Later het dit ook mal geraak en toe besluit ek en Marilee, terwille van vrede kom ons gaan hou vakansie en is by niemand

    Dis ook so dat ek/ons nie sommer alleen op vakansie gaan nie, en daar is altyd ‘n maatjie saam. Dus is daar vooraf besluit ons koop geen geskenke vir iemand nie, net vir die kinders en ook nie meer as ‘n X-bedrag. (Gelukkig nie baie kinders gewees)

    Dus as ek almal einde Januarie sien is daar vrede. So dit werk vir my. Sterkte vir jou …..

  3. 3

    boendoe said,

    Hi Sonnie,
    Ek is baie lief vir my familie, maar oor Kerstyd kan dit ‘n nagmerrie wees. Oor die algemeen is dit ook net werk vir die vrouens en die mans en kinders het ‘n ball! Ek sit dit ook eerder uit.

  4. 4

    Dellie said,

    Ek verstaan presies wat jy bedoel. Ek kan ook maar Desember heel skip en eers Januarie aangaan. Ek kry net nie meer daai opgewonde gevoel oor al die fieterjasies nie!

    As ‘n reël, gaan ons ook nie familie toe op Kersdag nie. Ek kan nie onthou watter jaar het ek laas my eie pa gesien op Kersfees nie. Skoonouers so af en toe, toe hulle nog in Welkom gebly het. Maar die afgelope paar jaar, kuier ons saam met ons pels. G’n familie nie, net ons ou paartjies, en dan eet ons lekker, en swem, en daar is nie kwessies van duisende geskenke nie, elkeen koop net ietsie vir sy eie gesin.

    Ek dink jy kan maar self besluit wat jy wil doen, sonder om skuldig te voel. ((Sonnie))

  5. 5

    platterfuss said,

    It’s your call…..

    So af en toe moet mens maar aan die ‘self’ ook dink! Is tog JOU Kersfees ook?

    Sterkte! 🙂

    P


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Dellie Kanselleer antwoord