Happy birthday to me….bla bla bla

birthday.jpg

En toe verjaar ek Vrydag. So what, BIG DEAL!!. En hier sit ek heel naweek en sulk kinderlik ongelukkig SOOS ‘n KIND!! Omrede ek nie eers ‘n geskenkie gekry het van my man nie. Dis natuurlik niks nuuts nie, kon dit mos verwag het. Ding is net – sou lekker gewees het om ‘n geskenk te kon kry. Manlief het my dan paar dae voor my verjaarsdag gevra wat wil ek hê. Ek het iets genoem, maar hy kon mos maar sy eie verstand gebruik het??? Ek meen ek kan mos nie sê ek soek die of daai nie….anders is dit mos nie ‘n geskenk nie…..

Nadat wat soos nog ‘n jaar gevoel verbygaan het, het hy my darem uitgevat vir ete. Saam sy 2 susters en die een se man. Ek kan seker nie kla nie, maar dit sou net lekkerder gewees het as dit net ek en hy was. Hy het my darem ‘n slab tjokkie gegee Vrydag aand.

My kinders het my wakker gemaak met die lekkerste ontbyt in die bed. Al kon ek dit nie opeet nie, ek kan nie so vroeg in die oggend eet nie. Meisiekind het vir my die lekkerste boksie chokolade gekoop en nog ‘n slab daarby. Dit het ek Saterdagaand voor die TV gesit en opeet🙂

Manlief het die mozambieker wat hier kom bly naweke gesê om vir my ‘n bottel premium te koop vir my verjaarsdag. Dis al brandewyn wat ek drink….wanneer ek iets drink maybe 1 of 2 keer per jaar. So ek het darem ‘n geskenk van die boy gekry. Dink ek moet daai bottel hou en vir hom gee as hy verjaar volgende jaar…. lol.

Mens moet seker weet sulke goed gaan gebeur as mens met iemand wat GLAD nie ‘n romantise geen besit nie te trou ne?

sick.jpg

Verder het my ousie mos besluit haar hand pyn. Beweeg die hand nie, want dis seer. Ek dink dit toe goed en gee vir haar deap heat om aan te smeer, en na die oggend en die aand smeersessie, is die hand toetaal ‘n gemors. Blase gebrand. Rou stukkende blase. En dit lyk erg. Ek maar ou boere raad gevolg, en eierwit op die hand laat aansmeer. Ek is nie seker wat germolien gaan doen nie, anders gee ek dit vir haar om aan te smeer. Die probleem is, sy kan glo nie kliniek toe nie, want…..haar paspoort is nie op datum nie!!!! En dit vind ek vanoggend uit. Sien hoe word ek nog saam haar toegesluit. Sy het ‘n maatjie hier wat haar help….stink soos iets wat lankal dood is en nog net begrawe moet word. En ek is ge irreteerd!!!

begging.jpg

En dan is daar die alewige ge-flippen-soebat-na-geld-van-kliente!! Ek is op. Heeltemal raadop. Ek weet regtig nie meer hoe om mense mooi te vra, te soebat, te dreig vir geld nie. Die nuutste gier is om die foon dood te druk sodra ek bel. En die banke stel nie belang in my troubles om geld in die hande te kry nie. Intussen ly ons almal aan hewige stres in die huishouding.

blue-monday.jpg


So all and all….het my naweek aaklig begin, en dis absoluut ‘n blou maandag hier. Ek hoop van harte die res van die week verloop bietjie beter. Enige raad mense?

Liefde groetetjies

Sonneblom

5 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Ai Sonnie, baie geluk met jou verjaarsdag, al is dit bietjie laat!😀 Ek sal volgende jaar onthou… BTW, ek hoop jy kry hom terug vir die “niks geskenk” nie!

    Jong, my Maandag was net so blou. Ek weet presies waarvan jy praat met die sukkel om geld in te kry. Normaalweg is dit nie ‘n probleem nie, maar ek sluit een van die dae en ek het daai geldjies NODIG! Ek het vandag vir hulle gesê dit MOET voor Woensdag betaal wees, anders is ek in groot moeilikheid by die HK, want hulle sluit reeds Vrydag! Dis nie heeltemal waar nie, HK het niks met my inkomste te doen nie!👿 , maar ek hoop maar vir die beste!

  2. 2

    sonstudio said,

    Geluk met jou verjaardag, jong!
    Hoop regtig jou week raak net beter.

  3. 3

    Eben said,

    Hi Sonnie, ek kry ook maar nou eers tyd om deur al my maatjies se blogs te gaan. dis so dol by my, met die trek na Tzaneen se kant toe, en dan is ons ook besig met ‘n nuwe rekenaar progam waar ek nou betrokke is. Dus is my tyd bietjie beperk. Maaarrrrr ……

    Ek is ook baie baie laat, maar gun my net die geleentheid om jou geluk te wens met die herdenking van jou geboorte dag Vrydag 30 November. Baie baie geluk, ek hoop deur alles het jy ‘n lekker dag gehad, en ek glo en my wens aan jou is dat al die mooi en opregte wense wat jy ontvang het, wel waar sal word.

  4. 4

    Roer said,

    Jammer die gelukwensing is so laat. Hoop jy het ‘n fab jaar wat voorle^ en dat die Here jou nog met baie (gelukkige) jare sal spaar. Ek is ook ‘n einde-van-die-jaar baba. Almal vergeet van jou en fokus net op krismis. Boohoo!😉

  5. 5

    What’s Happening i am new to this, I stumbled upon this
    I have discovered It positively helpful and it has helped
    me out loads. I’m hoping to contribute & assist other users like its aided me.

    Great job.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: