Ek was ge’tag’

Nou ja mense, hier kom dit:

shopping.jpg

1: Ek het ‘n fobie – shopping. Ek hou niks daarvan nie, veral nie klerewinkels nie. En veral nie as ek iets moet aanpas nie. Ek begin sweet en raak angstig soos min. So ek vermy winkels solank ek kan uitstel. As ek kan bel en bestel doen ek dit liewers.

school.jpg

2: Ek het nooit skool gebank nie. Die een keer wat ek saam pelle dit probeer het was ons gevang net toe ons by die skoolhek uit is. Was op die laaste dag van skool toe almal moes fliek kyk in die saal.

dans.jpg

3: Ek het al by ‘n ‘jolplek’ saam my gewese skoonsus op die tafel gedans🙂 was vet pret. Ons het die ouens nat gespat met captain morgan en coke hehehe

houthuis.jpg

4: Ek is mal oor die see. Die reuk van die sout in die lug, die wind wat by die see waai. Dis my grootste droom om in ‘n houthuisie by die see te kan bly eendag.

music.jpg

5: Ek is baie jonk van gees. Ek hou van musiek, veral die wat die tone laat beweeg. En ongelukkig luister ek nie na Afr. musiek nie. Enigiets met “beat”.

garfield.jpg

6: Ek is nie ‘n ‘morning person’ nie.  Ek sukkel om te gaan slaap.  Ek hou van die somer en die son.  Raak depresief in die winter.

krieket.jpg

7: Ek is nie ‘n rugby fan nie.  Ek kyk glad nie rugby nie.  Ek is weer mal oor one day krieket.

survivor.jpg

8: Ek kyk min TV.  Ek hou van reality TV programme soos survivor,  en ek sal so 1 of 2 keer ‘n week 7de laan kyk, en so af en toe Dr Phil.

Lekker dag almal

Liefde groetetjies

Sonneblom

8 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    More Sonnie,
    Sien, dit was nie so erg nie!
    Ek stem met jou 100 % saam met punt 6 en 7. Kan tot laat in die aand kattermaai, maar om op te kom in die oggend! Nagmerrie!
    Lekker dag!

    NS Weet jy wat van Gyps geword het?

  2. 2

    Dellie said,

    Nou weet ons ook bietjie meer van jou! Ek stem saam met nommer 4, ek sal lief om so ‘n ou huisie by die see te hê.

    Boendoe, ek het toevallig gister e-mail gekry van Gyps, sy stuur liefde en groete vir almal. Sy mis almal, maar werk haar oor ‘n mik, en daarom kry sy nie kans om by die blog uit te kom nie. Maar dit gaan goed!

  3. 3

    sonstudio said,

    Hehe, ek voel en lyk ook soos Garfield in die oggende! As ek nie voor elfuur in die aand in die bed is nie, kry ek ‘n tweede asem.

  4. 5

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Boer,

    Ja ek hoor daai een baie, maar dis die reine waarheid. Ek haat absoluut om te shop. As ek iets nodig het loop ek reguit soontoe vat wat ek nodig het en gaan betaal. En ek haat einde van die maand shopping, want dis lang uitgerekte afere. Meeste van my skuldplekke betaal ek via internet sodat ek nie in rye hoef te staan nie. So ek dink my man is baie gelukkig🙂 🙂 🙂

    Groetetjies
    Sonneblom

  5. 6

    platterfuss said,

    Hehe! Ek het al menige tafels na moer gedans…. en nie oor ek dik is nie…. 🙂

    Laaik jou blog!!!

  6. 7

    Marina said,

    Ek is ssooo bly om te sien nog mense hou nie van shop nie. Dink jy dalk dis ‘n ernstige siekte?:-)

  7. 8

    Roer said,

    Ek is beslis ook nie ‘n oggend mens nie.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: