HAVE FUN

Hi almal,

skoolkind.jpg


Laaste dag van st 6(graad8). Jip, my kind maak klaar vandag. Ek is opgewonde en vreesbevange in een. Sy is nie meer ‘n groentjie nie. Wat hou st 7(graad 9) in? Haar beste vriendin in die skool gaan uit die skool. Sy is nou eendag vreeslik hartseer, want elke keer as sy ‘n goeie vriendin kry in die skool gaan hulle weg. Moes maar die trane sluk en sterk wees vir haar. (Sien ek kan dit nie verdra as iemand na aan my hartseer is nie…ek huil harder as hulle🙂 ) Maar eers moet ons die vakansie deurkom. Wat vang mens aan met hulle die vakansie?

 

moz.jpg

Pa wil vir week Moz toe, en sy en die seuns weier om saam te gaan. Los ek haar alleen hier saam haar broer en neef? Wie gaan hulle kos gee? Gaan sy nie elke aand huil want sy mis haar ma nie? (Of dalk is dit ek wat gaan huil) Ek voel alweer ek word in 2 geskeur. Wil saam gaan Moz toe, maar wil nie my kind alleen hier los nie….ek soek haar by my.

maid.jpg

Dit reen so liggies hier. Die ousie het my wasmasjien se pompie opgevoeter, en nou weier manlief om dit reg te maak. Sien, ons het 100 maal vir haar gesê sy moet seker maak die mans se broeksakke het niks in nie. En hy het al 3 keer die masjien reg gemaak. So nou was sy maar met die hand. Miskien as hy die masjien die naweek regmaak sal sy hom waardeer. Ek weet dit klink erg, maar hoe anders gaan sy leer? Die probleem is vanoggend het sy gewas en nou reen dit. Nat wasgoed!! Kommernisse, ergernisse……

cod.jpg


Ek het gister my nuwe game gekry. Call of Duty 4. Manlief en my seun wou dit nie hê nie. Dit lyk dan nie cool nie. Ek het begin speel en voor ek my kon kry het ek ‘n audience. NOU soek hulle ook die game, maar meeste plekke wag jy 10 werksdae vir die game, of die ander plekke is uitverkoop. En daar word nou ernstig gesulk hehehehe. So my mission vandag is om te kyk waar kan ek nog 2 games koop. En ek het geweet dit gaan gebeur, maar wie is ek…….net die ma :p

Dellie, wanneer sien ek jou op Battlefield? Gister was daar nuwe speler met die nick Liefie. Ek het so opgewonde geraak, want ek het amper gedink dis jy. Maar ek nooi vir Liefie om saam my te speel en Liefie reageer nie. Ek wag vir jou…..

Ek gaan nou eers bietjie blog, dan gaan ek speel. Julle moet die res van die week geniet, en as ek stil raak oor die volgende paar dae…(Dellie, kom soek my op die servers🙂 ) dan is dit omdat ek speel. Okay mense…wat julle ookal doen…HAVE FUN!!!!!

fun.jpg

Liefde groetetjies

Sonneblom

10 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Sonnie, ek sal jou eventually kom join op Battlefield. Het noggie alles in plek nie, en in die week is dit besig met studente tot 7 uur, en dan is ek gatvol vir rekenaars. Maar Desember is oppad, ons gaan nie weg nie, want Liefie werk, en hier is ook nie studente vir incase ek weer cap nie. Dan sal ek beslis kom speel!

  2. 2

    boendoe said,

    Ja, Sersant Sonneblom, sal my bes probeer om fun te he!

    Ag, en so by the way, gaan saam Moz toe. ‘n Honeymoon sonner kinners! Yammie!

  3. 3

    Eben said,

    Hi Sonnie … jy laat my verlang na Moz!! After-all was dit lekker daar!

    Nou hoekom mag ekke nie saam speel met jou en Dellie nie. Ek belowe ek sal stil sit, en onskadelik wees.

    Nou ernstig, sodra alles opplek is, kom ek saam speel. Ek dink ook Steyn het die Battlefied 1 en 2. Maar ek sal jou kontak hoe gemaak.

    Lekker dag en jy moet ook Fun hê!!

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,

    Eben, jy en seun is meer as welkom. Dit sal nice wees om julle daar te sien. Probleem is…jy sal nie kan stilsit en onskadelik wees nie….dis oorlog hehehehe.🙂🙂

  5. 5

    Roer said,

    Lyk my jy en Dellie ‘werk’ lekker!!😉 Toe my liefie nog aand klasse geloop het, was ek baie verveeld in die aande (nog nie kinders gehad nie). Met die toe raak ek verslaaf aan Duke Nukim (of so iets). Dis seker nou al baie outyds, maar dit was groooot fun!

  6. 6

    neykie said,

    werk julle of speel jy en Dellie?😆

    geniet dit

  7. 7

    Suz said,

    Sonneblom

    Ek is bietjie agter die tyd, het nou eers die inskrywing oor die padkos gelees en die mash met biltong klink baie lekker. Hoe het jou Ma dit gemaak. Ons gaan Des die langpad vat met die karavaan en die manne het gesê hulle wil wimpy ontbyd eet, maar hulle soek padkos ook.

  8. 8

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Suz,
    Jong, ma het maar net mash gemaak, net bietjie stywer, dan in klein bolletjies gerol en dan in die biltong krummels gegooi tot dit lekker vol krummels is. Pak dit in aparte houer. Is baie lekker. Julle moet lekker vakansie hou. En geniet daai Wimpy ontbyt….yummie
    Groetetjies
    Sonneblom

  9. 9

    boendoe said,

    Sonneblom,
    Jy is getag! Gaan kyk by my blog vir die details! 😀


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: