Ek dog dis oordeelsdag!!!

Hi julle almal,

nervous.jpg

Ek hoop julle naweek was heerlik.  

My naweek was maar soos elke ander naweek.  Niks besonders gedoen nie.  Nêrens heen gegaan nie.  Kinders was saterdag altwee uit, en ek besef toe een van die dae is dit net ek en manlief!!  Ek gaan aan leë kot sindroom lei!!  Manlief reken ‘n baba sal dit genees.  GA!!  In his dreams🙂

Maar om terug te kom na my storie – Saterdag middag laat sit ons hier en speel games (soos gewoonlik)  Meisiekind sit hier by ons en lewer kommentaar.  Die seuns is iewers in een van hul kamer besig met hul eie dinge.  En daar val iets.  DOEF  Ek steur myself nie veel daaraan nie.  En weer is daar ‘n DOEF.  Ek reken die ding wat geval het (buite) het seker maar klaar omgeval.  Die derde DOEF was bietjie meer hard, en die volgende sê meisiekind ‘hoor julle dit nie!, iemand gooi klippe op die dak’  En met dit gooi ek die headset dat hy doer trek en ek gee een gil “DIS HAEL!!!!”  Manlief spring op om sy een bakkie onder die afdak in te kry.  Die eerste hael korrel wat ek raaksien bedinges ek myself amper.  Hael so groot soos eiers!  En dit kom af met ‘n hengse spoed.  Dit duur omtrent 5 minute.  En dit bedaar.  En manlief kry sy rigting in die huis in.  En daar kom die volgende DOEF DOEF.  Net sulke groot hael korrels, maar net baie meer.  Teen die tyd het my senuweë gegroet en ek gaan aan die bewe (eintlik aan die ruk).  Tot vermaak van die kinders.  Dit het so na 10 minute bedaar, maar klein hael en reën het nog geval vir omtrent half uur daarna.  Ek het regtig gedink dis oordeelsdag, want ek het nog net gehoor van sulke hael.  Ons het ‘n sinkdak en ek is seker dit het erger geklink as op ‘n teeldak.  Later toe dit opgehou reën het en ons uitgaan om te kyk hoe die erf vol blare en takke lê, sien ons hoe dit die verf van die dak afgeslaan het.  Oral onder die geute lê daar hopies verf.  Ek hoop nie ek beleef weer so  iets nie.

 

Geniet jule week😉

Liefde groete

Sonneblom

5 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hi Sonneblom,
    Ja, so haelstorm en ‘n sinkdak akkordeer nie! Ek het dit ook al beleef. En die skade is iets ongeloofliks. Shame, ek kry die boere altyd so jammer as hulle hael kry. Dit slaan die goed sommer plat.
    En nog ‘n baby…klink nie so bad nie, man!

  2. 2

    Dellie said,

    Hehe, nog ‘n baby, sê jy? Nee wat, ek stem saam, in his dreams!😆

    Ek het gelukkig nog nie so ‘n haelstorm beleef nie, hoor ook maar net daarvan en het al foto’s gesien van die skade wat dit kan aanrig.

    Hier by ons was nou net weer ‘n stofstorm wat vir niks skrik nie, kom sommer so van nerens af, en ek moet net hol om vensters en deure toe te maak! Teen daardie tyd is alles toe al weer onder stof en om alles te kroon het liewe Esther nie vandag opgedaag nie, so dit was nie baie skoon om mee te begin nie…dankie tog Maandag is verby, as ek so terugkyk lykit my dit het so ‘n blouerige skynsel…😆 Dit reen nou, ek gaan nou eers buite staan en afkoel!

  3. 3

    Eben said,

    Sonnie, wat vertelle jy ons nou … ek kom uit ‘n gebied waar dit paar maal met my gebeur het – Brits. As Roer hier lees (glo ek) sal sy getuig van al die hael storms van Brits.

    Daar was ‘n ‘strook’ soos die mense dit genoem het, en as dit nou wil hael, regtig hael, dan kom dit in die ‘strook’ voor. Al wat ‘n koring/tabak oes is/was, net eens-klaps weg. Dis vreeslik om dit te beleef, en die ergste mens is absoluut weerloos teen die natuur.

  4. 4

    stoutsus said,

    Hael…storm wind…donker wolke…laat my altyd in angs sit en wag vir ‘n tornado. Kleintyd het ‘n tornado ‘n paar kilometer weg (20km) verby gekom. Ek hou maar uit gewoonte altyd die lug dop met onweer. Simpel, ek weet, maar die vrees is altyd daar.

  5. 5

    Roer said,

    Ebie, my ma praat nou nog van die haelstorm van 1972… Dit was bleikbaar ‘n riller.

    Sonneblommetjie, ons kry dit nie veel in die Kaap nie en as ons dit kry (gelukkig so ver) is dit maar klein korreltjies. Het nou lekker gelag vir jou wat se^ “Ek reken die ding wat geval het (buite) het seker maar klaar omgeval”. So ‘whatever’.🙂


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: