Wat mis julle van kindwees?

 

kinders.jpg

Ek mis die skielike besluit vroeg in die oggend as ma sê ‘kom, kry julle coshies, ons gaan swem vandag’

 

Ek mis die vakansies saam as kinders.  Regte egte vakansies.

 

Ek mis die stryery oor wie kry die pap,custard, of ryspot as ma klaar uitgeskep het.

 

Ek mis die fliekaande saam as gesin.

 

Ek mis ma se geselsies saam ons 3 kinders om die ronde kombuistafel.

 

Ek mis die Bybel lees in die sitkamer om die koffietafeltjie, uit die kinderbybels.

 

Ek mis die tye as ma besluit sy maak vandag haar koper skoon, en ons lê voor die hi-fi en luister siembamba.

 

Ek mis die blou plastiek swembad in die agterplaas.

 

Ek mis ma se groot stasiewa waarmee ek leer bestuur het.

 

Ek mis ma se kos, veral op sondae, toe ma nog vir ons 3 soorte vleis en al wat groente is kon gaarmaak, met poeding die works.

 

Ek mis die grassny saterdae by die huis.

 

Ek mis die honde, veral ou Patch wat nie eers ‘n vlieg by sy kosbak kon verdra nie.

 

Ek mis die gezoem wat uit ma en pa se kamer uit gekom het in die aande wanneer hulle gesels oor die dag se dinge wanneer ons gaan slaap.

 

Ek mis die warm broodrolletjies en vars melk wat ons gaan koop het sondae na kerk.

 

Ek mis my kindwees…….


7 Responses so far »

  1. 1

    neykie said,

    Wie mis nie kindwees nie?

    Ek mis as ek saam pa kafee toe genooi word en ek kon R10 se lekkers kies.
    Ek mis om in my ma se arms toe gevou te word as ek ‘n eina het
    Ek mis my oom wat saam ons in die swembad gespeel het
    Ek mis kersfees as ouma al die kinders gevat het vir ‘n rokkie vir kersfees kerk
    Ek mis my hondjie Boerie
    Ek mis te veel dinge, en dit maak my sommer hartseer……

    lekker dag

  2. 2

    boendoe said,

    Ek mis huisies uit beesmis bou saam met my twee boeties
    Ek mis die spelery elke laatmiddag as die hanslammers ons jaag
    Ek mis Siembamba met Tannie Annette
    Ek mis Heidi
    Ek mis my ma se melkpap op ‘n Sondag

    Neykie is reg, mens raak sommer weemoedig.

  3. 3

    Eben said,

    Ek mis die gespeel met paddavissie in ‘n plaas dam (nooit geweet hulle word paddas later!!)
    Ek mis die laat swem in die munisipale swembad (onwettig)
    Ek mis die Top 20 op Springbok radio op ‘n Saterdagaand. (Die vooraf voorspelling van die top 3, en die verloorder maak milo vir die ander)
    Ek mis weeks middae so radio stories – Die Wildtemmer
    Ek mis die gewag om te sien wat mamma van die dorp gebring het om te eet. (Soetigheidjie)
    Ek mis my sorgvrye kinder dae
    Ek mis …. ja ek mis …..

  4. 4

    Dellie said,

    Ek mis die luckypackets met die ringetjies in
    Ek mis Haas Das en Wielie Walie
    Ek mis coke floats Sondae middae op Ouma se grasperk
    Ek mis vis en chips in koerantpapier
    Ek mis swem in die plaasdam
    Ek mis my ma se rotskoekies

  5. 5

    Marina said,

    Ek mis Sondag oggend se groente koop saam met pa en my pakkie Smarties.
    Ek mis ons groot kombuistafel waar almal eerder gekuier het as die sitkamer.
    Ek mis die aand se luister na die nuus, oordenking en dan die storie terwyl pa my rug krap.
    Ek mis die weke voor Kersfees se koekiesbak.
    Ek mis karretjies speel en paadjies maak saam met kleinboet.
    (Eben onthou jy die Richelieu advertensie met Top 20? Hulle gebruik nou weer die musiek in ‘n TV ad?)
    Ek mis die inry op ‘n Saterdagaand.

    En nou….soek ek ‘n tissue!!

  6. 6

    Adelem said,

    Sjoe julle! Ek het ook ‘n tissue nodig…
    Ek mis die kuiers by my Ouma en Oupa op die plaas. My oupa het altyd ‘n bottel lekkers op sy bedkas gehad, maar was vreeslik suinig daarmee. As Oupa 8 uur nuus kyk, hou Ouma kywie en ons gaps elkeen ‘n paar lekkers.
    Ek mis die kaalvoet-fietsry saam die straat se kinders.
    Ek mis die tafeltennis in die garage OOK saam met die straat se kinders.
    Ek mis die rys-miere vang in die straat as dit skemer word.
    Ek mis die radio-stories op Radio Suid-Afrika.
    Ai, ai! die goeie ou tye!
    Sonneblom, dankie vir die trip down memory lane!

  7. 7

    Adelem said,

    O ja! Ek mis die Saterdae-oggende waar ons altyd met die reuk van varsgebakte brood en vetkoek wakker geword het. My ma het altyd Vrydae-aande deug geknie en vroeg Saterdag opgestaan om te bak. Vir ‘n soetdingetjie was dit altyd ‘n warm appeltert!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: