Rabbedoe

 

engel.jpg

 

Sy is ‘n babbelende bol vreugde.  Dis altyd ‘n plesier as jy haar sien in die chatroom.  Jou dag is sommer opgehelder, en vir die wyle wat sy kom gesels, is dit asof al jou probleme verdwyn voor die son.  En dan begin sy eers groet.  Sy gaan Duitsland toe vir ‘n operasie.  Maar sy kla nie.  Nie soos ons kan kla oor simpel hoofpyn nie.  En dit raak stil in die chatroom.  Elke nou en dan kom vra iemand of een van ons iets gehoor het. 

 Dalk is dit nuuskierigheid, of dalk regte belangstelling, maar ek waag dit om vir iemand te vra wat makeer haar.  Ek kry afweikende antwoorde, maar sy word in die kop ge-opereer.  Dis al wat ek kon uitvind.  En skielik is ek bekommerd.  Erg bekommerd.  Dit moet ernstig wees.  Haar ma kom van tyd tot tyd in die chatroom om te kom vertel hoe dit met haar gaan.  Sy is nog nie wakker nie, en dan mompel sy iets, en dag of wat later het sy bygekom.  En die operasie was suksesvol.  Sy kom vertel ons self sy is okay van Duitsland se hospital af.

En so raak ek meer en meer bevriend met die vrou.  Kan nie wag dat sy kom gesels nie.  Sy is sopas deur groot operasie, en alhoewel sy baie pyn het – en nooit kla sy nie –  kom helder sy elke dag ons lewens op.  So raak sy ook baie betrokke by my meisiekind.  Die twee raak baie lief vir mekaar.  Oor die internet.  Ons begin later gesels op MSN.  En sy besluit toe eendag dis tyd om my te vertel van haar verhaal.

Die storie van Rabbedoe

Sy het grootgeword in heel ander omstandighede as wat meeste van ons ooit sal beleef.  Skatryk ouers en die enigste kind.  Op skool haar liefde ontmoet en die twee is Amerika toe om te gaan studeer.  Na hul studies het hulle terug gekom SA toe, en is toe getroud.  Baie suksesvol in hul lewens.  Sy raak swanger en hulle word die ouers van tweeling baba seun en dogter. 

Die kleingoed was 6 maande oud toe haar ouers vra hulle moet op die plaas in Botswana kom bly.  So besluit en hulle ry die pad op Botswana toe na haar ouerhuis.  Iewers op die pad in Botswana gaan daar iets leliks fout met hul motor en die ontplof.  Haar man en altwee haar babatjies is in die ongeluk oorlede.  Sy het vir ses maande in ‘n koma gelê. 

Haar bekken en altwee haar bene is gerekonstrukteer van porselein.  Ek het haar leer ken ‘n jaar na die ongeluk.  Die aand wat sy my vertel het van haar lewe het ek onophoudelik gehuil.  Sy het die persoonlikheid van ‘n engel.  Hoe is dit moontlik dat iemand soos sy deur soveel hel en pyn moet gaan?  En dan nog elke dag met sprankel in haar mense se dag kon maak?  Almal van ons wat alewig kla oor alles laat vergeet het van ons probleme.

Dis nou amper ‘n jaar wat ek laas iets van haar gehoor het.  Daar is nie ‘n week wat verby gaan wat ek nie aan haar dink nie.  Ek verlang na haar soos iemand na haar suster verlang.  En my kind verlang net so baie.  Ons sal baie keer sit en wonder wat het van Rabbedoe geword.  Haar adres was die internet.  En nou is sy weg.  Hoe spoor mens haar weer op?  Hoe weet ons of sy nog okay is.  Ons verlang Rabbedoe……………….

7 Responses so far »

  1. 1

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle almal,

    Skies ek is so stil. Gaan nie goed met my gemoed nie, en ek wil nie net kom kla heeltyd nie. Hoop julle het heerlik edaggie.😉

    Liefde groete

    Sonneblom

  2. 2

    boendoe said,

    Jy weet jy moet praat as jou gemoed nie reg is nie, Sonneblom. Ons is almal hier vir jou. Regtig.

    Oor Rabbedoe – dit breek my hart. Dis die sleg van internet-vrinne, die kontak kan so gou verbreek word, en jy weet nie WAT gebeur het nie. Sterkte, ek hoop sy maak gou weer haar opwagting. Waar het jy al oral loop soek?

  3. 3

    Dellie said,

    Is dit nie wonderlik dat daar mense is, wat ten spyte van hulle eie pyn en leiding, jou dag kan ophelder nie? Ek dink dit is ‘n besonderse gawe om dit te kan doen. Jy is baie bevoorreg dat jy haar leer ken het, ek is seker jy vat dit wat sy jou geleer het verder met jou saam op jou lewenspad, sodat jy somtyds net bietjie krag uit haar positiewe houding vir jouself kan tap. Ek hoop jy kry haar weer opgespoor, ek sal self graag wil weet hoe dit met haar gaan.

    ((Sonneblom)) Jy MAG maar kla hier, dis mos terapie ou maat!

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,
    Dankie vir die omgee, maar dit voel ek kla net. Ek lei aan die een of ander vertraagde slaaploosheid. En dit maak my mislik. Ek omdat ek mislik raak almal in die huis mislik. In pleks van vriendelik gesels, snap ek na almal, en daar word terug gesnap. Ek dink regtig dis oor die slaap ding.

    Manlief kan sy kop op die kussing neerlê, tot 3 tel en slaap, vroeg more oggend weer opstaan en vars en uitgeslaap voel. Dan het ek selfde tyd as hy gaan lê, rondgerol tot wie weet watter tyd, en as iemand my wakker maak is ek opslag vies en goor. As ek net een nag se goeie slaap kan kry. En nee, ek wil nie slaap pille drink nie. Maar dis hoe dit al jare en jare gaan. Dink dit vang my nou net te erg. Is bevrees ek gaan veroorsaak dat my gesin uitmekaar spat….

    Boendoe, ek het idee waar sy bly, maar haar pa laat geen besoekers toe nie. Die mense is skatryk, en hy is seker maar beskermend teenoor haar. Iets wat haar baie kwaad maak. Is verstaanbaar, is sy enigste kind en hy sal nooit weer kleinkinders kan hê nie. En sy is maar sieklik na die ongeluk. Sy het vir my ‘n foto gestuur wat voor haar troue op hul troudag geneem is. ‘n Pragtige mens, en na die ongeluk het sy soos ek verstaan baie lelike letsels, veral in haar gesig, so sy is maar skaam om mense te ontmoet.

    Maar nou ja, laat ek loop lê….dis darem al kwart voor een…… Wish me luck🙂

    Liefde groete
    Sonneblom

  5. 5

    Ali said,

    blom ek het haar selfoon nommer erens tjom

  6. 6

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,
    Ek moet net eers gou vir julle sê die maatjie van my – Ali – is die beste. Ali, jy is ‘n regte ou steunpilaar tjom. Lief vir jou hoor😉

    Lekker dag almal
    Liefde groete
    Sonneblom

  7. 7

    boendoe said,

    Laat weet of jy reggekom het met die nommer wat Ali het! Ek hou van happy endings!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: