Nuwe voorkoms

sonneblom.jpg

Hi almal,

Eerstens wil ek net baie baie dankie sê vir al julle ondersteuning die afgelope week. Ek waardeer dit opreg.

Update:

Donderdag oggend opgestaan en besluit ek gaan my lewe regruk. My dogter woensdag middag by my kom kla oor haar pa so op haar case is die heeltyd. Toe sê ek vir haar, as ons almal in die huis eerder probeer om mekaar te verdra met liefde en mekaar mooi te probeer behandel, dan sal Manlief ook dalk sy houding verander. Dis toe dat ek besluit het dis tyd.

Maar dit het nie lank geduur nie, of die volgende oorlog bars los. Ek net daar en dan vir hom mooi vertel hoe ek voel. Hom gevra of kan hy onthou hoe dit voel om my vriend te wees. Hom gesê of kan hy onthou hy was die skouer op wie ek kon huil met my vorige huwelik. En of hy wil hê ek moet ‘n ander skouer kry om op te huil. Na baie drukkies en I love you’s, is hy weg werk toe.

En ek… het mos gaan koffie drink saam ‘n vriendin. By die haarkappers. Baie oulike klein koffiehuis/restaurant idee wat hulle daar het. So met die verbyloop van een van die haredames, hoor ek toe sommer so terloops of is hulle baie besig. Nee hulle sal my indruk.

Nou kyk, ek het vandat ek uit die skool is nog nooit regtig my hare styl gedra nie. Altyd geperm. Jare laas gekleur. So, dis hoe ek gelyk het: Laaste perm my punte van my kapsel vreeslik gebrand. Grys(natuurlike) highlight all over te sien. Haarkleur, vaaaaaaal. Ek sê toe vir Adel, die haarkapstertjie, maak met my wat jy wil. Sny kort ook as jy moet. (my hare is net onder skouer lente) En drie van die girls koukus toe eers eenkant al kykende na my.

Na die koffie pak hulle my beet. Dis kleursel vanuit die boonste rakke, sommer 3 verskillende kleure. En foelies en wat ook al. Kleur afgewas en daar word geknip. Ek bekyk die storie en dink by myself, maar die girl knip nie baie af nie…wonder hoe dom gaan dit lyk. En sy is gaande oor die kleur. Ek sien net ‘n nat kop, wat nog krul stukkies van die perm inhet. En sy vra moet sy blaas. Ek dink DUHHHH natuurlik ja. En sy blaas. Aanvaklik sê ek vir haar dit lyk of ek vlieg…….. en sy blaas…..

Mense……….Toe daai girl klaar is met my, toe lyk ek soos iemand uit ‘n modeboek. Ek kan nounog nie ophou smile nie. Ek is kort kort voor die spieël, met giggles… Ek is toe net betyds om my meisiekind te gaan haal. Sy kom so aangeloop nes ‘n tipiese tiener en die oomblik toe sy my raaksien helder haar gesiggie so op en jy sien net tande. Klim in die kar en eerste sê sy “Jy lyk BAIE mooi!!’ “is jy seker jy is my ma??” En dis sjoe voor en sjoe agter. En natuurlik kan ek nie die smile van my gesig af kry nie.

Manlief bel. Ek sê vir hom “as jy weet hoe lyk jou vrou kom jy dadelik huis toe” Dit was net na 2. Net na drie is my seun eerste in die huis. Vlieg by my in, gee my een kyk, smile van oor tot oor, vryf my kop en sê “SEXY!!!” En toe kom manlief in….. “WOW, dis die mooiste wat ek jou nog ooit gesien het”. Dit was die kompliment van die leeftyd. Hy sê nooit ek lyk mooi nie. En hy kan nie ophou kyk nie.

Neef wat hier loseer (18) kom van die werk af, sê “naand oom, naand tann…sjoe! ma tannie lyk s…mooi!!…” Ek het lekker gelag vir die kind.

My se haartjies is nou blond…hehehe, met 2 verskillende kleur skakerings in, een baie blond en een donkerder. Dit was die enkel mees beste ding wat ek nog vir myself kon doen. Die gevoel van bo-op wolke loop was Hemels. Die gevoel van selfvertroue wat my so ontwyk het is terug!! I will stand up an conquer!!!

Wens ek kon foto wys…hehehehe

Hoop julle het ‘n HEERLIKE naweek gehad!!

Liefdegtoete

Sonneblom

9 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Sonnie, dis wonderlik! Gryp nou daai gevoel wat jy het en doen wat jy al lankal wou doen. Jy is onoorwinlik! Dis nou goeie nuus, regtig.

  2. 2

    Dellie said,

    Ek is regtig sooo bly vir jou! En dis darem ‘n lekker feeling né! Ek het ook vir jaarrrre lang hare gehad, soos in tot op my gat, en geperm al die tyd. Ek het so 2 jaar terug besluit dis genoeg. Nou is dit skouerlengte, en reguit. Moes eers mooi leer werk met daai straight dingetjie, maar dis nou nie meer ‘n probleem nie. En Liefie kon ook nie op hou kyk vir my nie! Ag, dis lekker! Geniet jou week!😆

  3. 3

    sonstudio said,

    Wens ook jy kon foto wys!!

    Ja, dis lekker om soos a million dollars te voel!
    Moenie dat daai selfvertroue nou weer wegraak nie, hoor!
    Fantasties!!!

  4. 4

    Eben said,

    Toe ek jou posting lees, toe wonder ek waar is daar die foto. Komaan … wys ons. En jaaaaa hou daardie houding …. straat positief uit !! Ditsem!!

  5. 6

    SHARKS said,

    Dis goed so verander bedoel ek, gelukkig het jou man jou raakgesien mens, so bly vir jou part. Ek het ook in Feb my hare van baie lank na skouer lengte laat sny en gekleur, dit het heel goed gelyk, maar manlief het dit nie eers raak gesien nie!! Ek het oral gehoor jou hare lyk nou goed, dit lyk pragtig, almal behalwe van hom. Maar dit daar gelaat, ek gaan Vrydag my hare wat intussen weer net so lank gegroei het, sny, sommer lus en versnipper dit en kry klaar, en kleur dit swart met rooi strepies. Wonder of hy dit sal raak sien??

  6. 7

    boendoe said,

    Shame, Sharks, moenie dit aan jou hare doen nie. Moer die man eerder – as hy jou dan nie kan raaksien nie, laat dit dan as gevolg van sy blou oe wees!

  7. 9

    boendoe said,

    More, Sonnie,

    Jy is stil, alweer! Hoe gaan dit in jou valley?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: