Klaagliedere…..

moedeloos

 

Hi julle,

Hier sit ek. Steek eers sigaret op en wonder of moet ek kla. En oor watter probleem ek moet kla. Want die vet weet daar is baie. Of dra alles by tot een groot probleem. Miskien is ek dalk die probleem. Ek wil gal braak. Maar in die proses wil ek nie iemand se dag opvoeter nie. Sien, ek is een moerse bondel ongelukkige mens. Is behoorlik my hele lewe so. En al sê Dellie se boek mooi vir ons ‘the power of positive thinking’ wil dit nie hier werk nie. Elke keer as ek aan iets positief dink oorval al hierdie negatiewe demone my denkvermoë. Nou die vraag, wat het dit veroorsaak? Hier volg die uiteensetting van my suur lewe.

Ouderdom

5 of 6 tot 13: my pa, julle het al die storie gelees.

Ouderdom 16: Word verkrag deur vriend van my ouers. Sê niks, nie voor ek 35 jaar oud is nie.

My ma besluit sy haal my uit die skool. Kry vir my werk. Ek het geen keuse in die saak nie. Werk Jan, Feb, Maart besluit ek ek wil terug skool toe. Ma vertel my ek is simpel om weer in skool rokkies te wil terug klim, en ek moet aanhou werk. Troos myself op daai stadium dat wanneer my maats in matriek is het ek darem al 2 jaar se salaries getrek. Het ek maar meer guts gehad. Maar mens gaan nie jou ouers tee nie……

Ouderdom 18: Los een bevange oulike boyfriend in ‘n oomblik van sinnelose woede en gaan uit op blind date saam een van die ouens wat saam my werk. Raak verlief. Paar maande later raak ek eenvoudig buite alle normale denkvermoë broeis. Ek soek ‘n baba seun. En ek verskuif berge om hom te kry. Blye oomblik toe ek uitvind ek is swanger. Wil beslis nie trou nie. Maar na 2 maande se argumente met Ma en Boetie, gee ek in en gaan staan en trou – teen my sin.

Ouderdom 19: My seun word gebore, en ek is mal verlief op hom. My lewe het uiteindelik betekenis. Huwelik is nie sleg nie. My kind word siek. Van die ouderdom van 6maande tot hy 1jaar en 6 maande is, is hy elke kort kort in die hospital. Met intense behandeling om sy immuun sisteem reg te ruk, word hy gesond.

Ouderdom 21: Kry ‘n stoompot persent by my pa. Wow. Sê niks. Raak weer swanger. Op 9 maande moet ek normal geboorte skenk aan ‘n dooie baba. My lewe is verpletterd.

Wag, eers nog sigaret aansteek…

Ouderdom 23: Swanger. Vorige swangerskap was by een van die land se beste ginie’s. Ek gaan huis dokter toe. Ek is bang. Wat as dit weer gebeur. Sal dit nie oorleef nie. Dokter pas my op soos goud. Wil keiser doen. Ek weier, want sien, ek gaan nie wakker word na operasie en hulle sê my baba is weer dood nie. Dokter weier vir normaal. Maande lank baklei ek en die dokter. My senuwee vreet my op. Besluit toe saam epidurale keiser. En my dogtertjie word gebore. Pragtig en gesond. En ek is van vooraf verlief. Maar sy het koliek. Glo van al my stress. 4 maande lange hel. Soos alles het dit ook darem einde gehad.

Ouderdom 24—-: Huwelik begin wankel. Ek word beskuldig ek neuk rond. Ons werk in dieselfde kantoor, so ek kan nie verstaan saam wie en wanneer neuk ek rond nie. Hou so aan vir amper 1 jaar. Raak telefonies bevriend met my huidige man. Mens kan ook net soveel verdra, en ek kry ‘n skouer om op te huil. En ek het baie gehuil. So het hy ook probleme van sy eie gehad, en hy kla dan by my oor sy vrou wat saam al wat broekdra slaap. Nou ja, noodeloos om te sê ek vat my kids eendag en ek loop uit my huwelik van 6 jaar. Raak toe nou verlief op die ou op wie se skouer ek kon huil. En na skeisake ens, begin ons lewe saam. Gaan rof in die begin. Maar ons is lief vir mekaar. Bly vir 7 jaar saam, en hy vra my toe om te trou. Ons raak verloof. Trou op die 20/02 2002. Alles gaan goed.

Nou is dit wat my so bietjie onder kry. Nog nooit het iemand agter my gestaan nie. Die gesegde ‘nothing ventured nothing gained’ werk net as mens ondersteuning kry. Alleen kan mens nie sukses maak van iets nie. Veral as mens afgekraak word nie. Of is afraai eerder die woord. Nooit sal daar iets positiefs gesê word nie. Want sien, ‘jy kan niks klaarmaak waarmee jy begin nie’ Nie ‘give it a go’ nie. Nie ‘ek sal by jou staan en jou ondersteun’ nie. Nee…..NEGATIEWE kritiek!! En die Vader in die Hemel weet ek is nie dom nie. Al het ek net St 8! Wat ek doen doen ek goed. As ek iets aanpak doen ek dit goed. Al wat ek vra is ondersteun my en gee positiewe kritiek. Dis hoekom ek besluit het ek loop uit my eerste huwelik. As mens heeldag moet hoor jy is ‘n hond gaan jy een of ander tyd begin blaf.

Ek maak nie my man sleg nie. Hy sal vir die geringste dinge begin moan. Van die toiletpapier houer wat nie vol gemaak word wanneer iemand ‘n rol uithaal, tot die melk in sy koffie partykeer. Party dae voel ek ek kan moord pleeg. Ander dae gaan dit weer goed. Hy raak ook baie gou moedeloos oor ons besigheid. Dan probeer ek geduldig wees en paai en praat moed in. Kan ook soms net soveel verdra dan wip ek my gat, en dan bars die hel los.

Dis hoe ek nou voel. Ek het met negitiwiteit grootgeword. Sit met negitiewe mense in my huis. Ek voel ek moet alles balance en ek kan nie meer nie. Ek het nie meer krag nie. Ek gaan more koffie drink saam vriendin. Het ook al baie keer gehoor dis geldmors. Mens kan mos ‘n blik koffie koop vir die prys van 2 koppies koffie.

Toe ek gewerk het, as ek iets koop met my bank kaart, voor ek uit die winkel uit is word ek gebel om te hoor wat koop ek. So, ek vra vir niks. Ek rook. En dis wat ek soek. Al baie gedink om op te hou, maar wat kry ek dan? Ek lê nie by die haarkappers en beauty salonne nie. My vingers, nek en ore is nie vol goud en diamante nie. Ek het nie kaste vol fashion nie.

Ek het geen buitemuurse aktiewiteite nie. Sien ek is hopeloos te veel gestroop van enige selfvertroue om eers na ‘n gym toe te gaan. En ek weet dit sal een of ander tyd in my gesig terugspat. Ek wil graag ‘n website hê. Speel rond en vind uit wat dit sal kos. Die goedkoopste natuurlike. Is iets soos R100 of iets. Daaroor ook ‘n bom gebars. En ek moet sê ons sukkel nie finansieel nie. Ek meen ons telefoon en internet kos ons rondom R2000 per maand. En dan is daar my huis. Die huis is my safe haven. Manlief wil dit net heeldag verkoop. Of besigheid hier oopmaak. Of huurders indruk. En ek is lief vir my huis. Ons stry baie hieroor.

So dis so vinnige blik op my negatiewe toestand en hoe ek hier gekom het. Elke keer as ek iets positiefs probeer dink of doen, dan oorweldig al die negatiewe dinge my brein. Ek het nou eendag vir my seun gesê ek is baie lus en loop uit. Iets sal iewers moet gebeur wat dinge gaan regmaak. Ek weet net nie wat nie.

Steek nog siggie aan…..

Lekker dag vir julle almal. Wie weet, more skyn die son dalk weer………..

Liefde groete


Sonneblom

15 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Liewe, liewe Sonneblom. Ek is stom. Maar ek gaan dink en terugkom na jou toe. Weet net een ding, waaroor ek nie hoef te dink nie, jy is ‘n spesiale mens. Moet tog nie aan jouself twyfel nie, asb?
    XX

  2. 2

    Dellie said,

    Ek gaan eers gou my oge afdroog en ‘n siggie rook…ek kom nou weer😦

    OK, ek’s terug. My hart huil saam met jou. Ek kan nie verstaan hoekom die beste mense in die lewe altyd die rawste deals kry nie. Ek weet nie of ek staande sou bly met soveel negatiwiteit nie. Maar JY het! En jy gaan nog steeds aan! Dis iets om op trots te wees. Jy het GUTS, suster! Het jy en manlief al hieroor gepraat, het hy besef hoe ernstig dit is, dat jy nie alleen aan ‘n huwelik kan bou nie? WIL jy nog daaraan bou?

    Ek voel so magteloos, ek wens ek het ‘n towerstaffie gehad wat ek net oor jou kon waai…maar hier is solank vir jou ‘n drukkie! (((Sonneblom))) Sterkte vriendin, al kon ek net luister.

  3. 3

    Ali said,

    Tjom, ek dink aan jou en onthou jy is special, God het jou gemaak.Hy is bitter baie lief vir jou.
    Jy het nog altyd sterk gestaan moenie nou omval nie.
    liefde
    Ali

  4. 4

    Eben said,

    Sonnie,
    Soe(!!) toevallig sit hier ‘n meisie wat saam my werk vandag in my kantoor en kla oor haar lewe. Pragtige vrou …. EN …my een vriendin wat beeldskoon is, besit haar eie apteek ens siels ongelukkig …… ongelukkige mense. Toe wonder ek so hoe gebeur dit. Waar lê die fout.

    Ek het ook maar my rillers in my huwelik, maar tog is positiewe denke daar! Ek het eendag gelees almal praat oor die boek The Secret en dit gekoop. Koop dit gerus, miskien, net miskien lees jy iets raak daar!

    Jou eie lewe speel soos ‘n riller voor my af. Dis vreeslik en ek wens daars iets wat mens kan doen. Maar wat !!! Doen jouself ‘n guns, gaan alleen kamer toe, maak jou bybel oop, en daar waar jou oog die eerste keer val, lees net daardie stukkie … daar sal jy jou boodskap en krag kry.

    As jy wil gesels …. epos my gerus eben.pretorius@letaba.com

    Sterkte … staan vas, terwille van jou kinders, ons/ek weet jy kan!! ((Sonnie))

  5. 5

    boendoe said,

    Sonnie,
    Ek is elke kort-kort terug om te kyk wat se die ander. Ek het ook nie antwoorde vir jou nie. Maar…ek hoor dit nou die afgelope paar weke tot kotswording toe – “The Secret.” En toe gee my man se baas my sy uitgawe om te lees. Ek het seker nog nie die eerste hoofstuk klaargelees nie, en ek dink al anders. So, ek dink die boekie (hy’s nie baie dik nie) kan dalkies, dalkies vir jou ook ‘n paar antwoorde he. Invest daarin, ek dink nie jy sal jou geld mors nie. Soos ek hier sit, brand ek om hom klaar te lees!
    Ag, en jy moet praat as jy af voel. Moenie alles vir jouself hou nie. Gedeelde las, en al daai!

  6. 6

    Johan Swarts said,

    as ek jou storie lees, sit ek verslae met my nat-agter-die-ore studentegesig en besef ek kan nie eintlik raad gee, met jou identifiseer of sake beter maak nie. ek het drie vriendinne wat almal as kinders gemolesteer is, maar nie een van hulle se stories is dieselfde nie. joune ook nie. ek gaan nie eers probeer maak asof ek ‘n oplossing het nie. dis een helse hectic storie en jy maak dat ek opnuut met respek na mense met onregverdige pyn om my kyk.

  7. 7

    Dellie said,

    Sonnie, doen my ‘n groot guns asseblief… gaan maak ‘n lysie, net soos jy hierbo gedoen het, en vind ‘n lekker memory, ‘n positiewe ding, ietsie om voor dankbaar te wees in dieselfde tydlyn as die aaklige goed. Gaan diep, sussie, soek enige ding, maak nie saak hoe klein en nietig dit vir jou lyk nie. Konsentreer DAAROP! Hou JOU kop positief, moet asseblief nie verval in ‘n depressie as gevolg van…nie! Seblief, doen dit vir my? Vir jouself en jou kinders? Toe, gaan, ek weet jy kan!

  8. 8

    sonneblomseplekkie said,

    Hi almal,

    Ek wil net baie dankie sê vir AL julle bemoediging. Ek waardeer dit meer as julle besef. Ek het ‘n lang gesprek gehad met my ou goeie vriendin Ali vandag. Ek dink ek is al so lank in ‘n depressie ek glo al dis hoe die lewe maar is. Maar ek belowe een en elkeen van julle ek sal my bes doen om daaruit te kom.

    My moeder het vir my gesê op my 16de verjaarsdag, dat ek ‘n pragtige mens is met mooi persoonlikheid, en ek moet altyd my kop hoog in die lug hou, en nooit verander nie. So ek gaan daar begin. Ek sal weer my selfvertroue terug kry. More voel ek weer beter.

    Dellie, ek gaan daai lysie maak. Julle mense is klomp goeie mense. Wie het sielkundiges nodig as mens julle het…hehehe.

    Ek het nou genoeg gehuil vir een dag, ek gaan nou my bes doen om te gaan slaap. Het helse hoofpyn, maar dit moet ook maar weer oorgaan.

    Duisend drukkies vir julle almal, en baie liefdetjies.

    Groete

    Sonneblom

  9. 9

    Dellie said,

    Ek hoop jy voel al bietjie beter vandag? Ek het sowaar van jou gedroom laasnag! Maar ek weet nog steeds nie hoe jy lyk nie. Hoop jy het ‘n lekker dag!

  10. 10

    Eben said,

    Hi Sonnie … hoe voel jy vandag … skyn die son? e-pos my, wil jou ietsie stuur om daardie glimlag terug te plaas.

    Johan (Swarts) jy weet wat vir my ook vreeslik is, dat mens kort-kort die tipe dinge lees en hoor. Wat het geword van wedersynse respek. Ek bedoel, my lewe draai om my seun (13jr) …. Hy word te vinnig groot, daar’s soveel wat gedoen moet word saam. Hoe kan ek OOIT leed aan hom doen?

    Sterkte ook aan jou vriendinne, hulle het mense soos JY nodig om daar te wees vir hulle.

    Sonnie … MWA !!!! Laat die son oor jou skyn!!

  11. 11

    sonneblomseplekkie said,

    Hi julle,

    Julle sal nie glo nie!! Ek kom nou terug van die haarkappers. Ek het besluit vanoggend ek gaan iets aan my hare doen. EN EK LYK STUNNING111 :):) Gekleur, gesny en geblaas…..hehehe

    Dankie almal, moes gister baie huil om vandag soos ‘n prinses te voel🙂 Ek sweer ek kan nie die smile van my gesig afkry nie. Het manlief gebel en hom gesê as hy weet hoe lyk sy vrou kom hy dadelik huis toe…hehehe

    Ek gaan binnekort ‘n nuwe lekker posting opsit. Een sonder trane🙂;)

    Liefde groete

    Sonneblom

  12. 12

    Dellie said,

    Toe IS daar sonskyn na die reën! Hoera! Ek is sooo bly jy voel weer soos ‘n prinses!😆

  13. 13

    Sonstudio said,

    Baie bly jy voel beter!

    Het vroeër vandag hierdie post van jou gelees, maar het nie tyd gehad om te comment nie. Ek wil beaam wat gesê is oor die boek The Secret. Doen jouself ‘n guns en probeer hom aanskaf – dit is life altering! Nog ‘n baie goeie boek is Self Matters van Dr Phil. Ek gee nie om wat mense van hom sê of dink nie, daai boek het my perspektief gegee.

    Jy het nog net ‘n paadjie vol dorings gehad, maar jou gevoel daaroor KAN verander…weet net my hart gaan uit na jou toe en ons almal se skouers is baie breed.

  14. 14

    boendoe said,

    Sonneblompie, ek hoop dit gaan beter? Het aan jou gedink daar bo tussen die wolke.
    Praat weer volgende week?

  15. 15

    lanaba said,

    Ek het toevallig op jou blog afgekom en ek is nie spyt nie,ek het jou post hierbo gelees en verstom gesit en dink – hoekom kla ek so dikwels.
    Ek het ook die een net na dit gelees en ek is bly jy voel weer soos n nuwe mens,hulle sê om die kleinste dingetjie te verander maak n groot verskil aan n mens se gemoed….

    Ek sal weer hier kom kuier.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: