Archive for Januarie, 2009

Hi almal, ek hoop 2009 gaan vir almal meer vreugde bring.  2008 het maar aaklig ge eindig vir my.

Die dag toe ons moes ry Mozambique toe vir ons vakansie, kry ek oproep van my ma.  Hulle bly op ‘n plaas van een van ons groot kliente.  Sy is in ‘n toestand.  Hulle het sopas die eienaar se vrou in haar huis vermoor!!  Nou ja, los toe maar eers die gepak en jaag deur plaas toe.

Mams staan daar in trane en lyk soos ‘n weeskind van skok.  2 (Mozambiekers) wat vir die mans gewerk het, het oor etenstyd na die klein spaza winkletjie gegaan wat die vrou by haar huis het, om glo goed te gaan koop.  Hulle het haar aan haar hare gegryp (waarvan die mense wat daar werk 2 klosse by die voordeur raakgeloop het), haa arms bo by haar skouers met draad vasgemaak, en haar in haar kantoor verwurg.  Haar langbroek en onderklere was tot by haar enkels afgetrek. Glo met die nadoodse ondersoek verslag is sy nie verkrag nie.  Maar ek wonder maar tog of probeer hulle nie dit weghou van die man nie.

Hy was nie by die huis toe dit gebeur het nie.  Hy het nog die oggend vir haar gevra sy moet saam hom ry, maar sy wou nie, want sy het baie pyn gehad.  Sy het aan haar hart gely, ook aan parkensins desease en osteoperose. (skies vir daai spelling).  Sy was in haar 50’s.  Haar huishulp het haar gekry toe sy van ete af terug kom.  Sy was in die omgewing van tussen 12:45 en 13:15 vermoor.  Ons het daar aangekom net na 14:30.  Die polisie het eers in die omgewing van 15:30 daar opgedaag.  En nie EEN verklaring gevat by NIEMAND nie!!  Intussen is die 2 bliksems weg.

Dit was my pa se verjaarsdag.  een wat ek glo hy sal nie sommer vergeet nie.  En dit net voor kersfees.  19 Desember.  Ons is seker eers daar weg net na 7 die aand.  Ons het maar besluit om die volgende dag eers te ry.  Oppad het ek paar keer paniek aanvalle gehad.  Toe het ons nog gedink sy was verkrag.  By elke swarte wat ons verby ry wonder mens of was dit hy?  Of hoeveel het daai een al verkrag en vermoor?  Ek het my man reguit vertel hy SAL sorg dat nie een van die goed aan my raak nie.  Ek sal hom aanrand as dit gebeur.  En intussen bekommer ek myself morsdood oor my ma.

Die Moz vakansie was ook nie baie lekker nie.  Behalwe sie see.  Die see is altyd lekker.  Dit was verskriklik warm die eerste paar dae.  Toe kry ons darem reen elke dag, wat dit meer draaglik gemaak het.  Behalwe as ons in die rondawel moes vassit heeltyd.  Ons het paar keer sommer in die reen gaan swem.  Mens is mos nat so why worry  :)

Die 2de dag verloor ek my kam.  Ek en my dogter haal toe maar ‘n haarknip uitmekaar en ek kam toe my kapsel daarmee.  3de dag verloor ek my tandeborsel!!  Borsel toe maar tande met my vinger vir 2 dae, tot ek ‘n R5 tandeborsel in die hande kon kry.  Onthou, ons bly in die rural gebied daar waar geen winkels is nie   :o   Dan was daar die SPIDERS!!!  Groot lelike flippen goed.  Ons het die guts gehad om die een af te neem.

sdc10327Ons was te besig om weg te hol om die Bobbejaan spinnekoppe te kon afneem.  Hulle was nog groter as die een.  En dan was daar die “Centepedes”  O jinne, ek kriewel nounog.  Dit het sowaar gevoel soos ‘n surviver spel.  Toilet en stort geriewe was aaklig.  En ons het sopnat gereen in ons een rondawel en moes in die middel van die nag oorskuif na ons ander rondawel.  Wel, ons was seker nie sonder opwinding nie.  Het meer gevoel soos adrinalien junkies.

Ons het ons eie foto kon neem van ‘n afrika taxi   :D   Ek kon 19 koppe tel, en eks seker daar sit nog in die binnekant van daai klomp…

mozambiek-2008-148

Ons was ook vir die eerste keer op ‘n ferrie.  Kan 6 voertuie op ‘n slag vat.  mozambiek-2008-163

Paar strand fotos… dit bly maar mooi  :)

sdc10417sdc10518sdc10598Die skip is al soveel jare in die water hier, en nou het hulle hom begin opsny vir scrap metal… dis so sad…..

sdc10600Die foto is vir my prentjie mooi…

sdc10342Net nog ‘n ding vir ons om te waardeer….. water in ‘n kraan…..

sdc10365Locally brewed… yukkie…..


Ek sal weer paar fotos kom post…

Lekker week en voorspeod vir 2009.  En onthou, there is no place like home   :)


Liefde groete

Sonneblom

Comments (7) »