Dankie Bottertjie vir my mooi nuwe header. Dankie aan die persoon wat vir Bottertjie gevra het vir header vir my blog
Dit lyk sommer baie beter.
Ek wil ook graag net vir al die blogmaats wat hier lees en comments gemaak het die afgelope jaar, ‘n baie Geseende Kersfees en beste wense vir 2009 toewens. Mag al jule drome waar word.
Die gene wat weg gaan met vakansie, ry veilig, geniet dit en sien julle weer volgende jaar.

Pikkelik said,
+0000k312008bUTCFri, 12 Dec 2008 13:04:26 +0000 17, 2007 @ 3:02
Geseënd vir jou en jou mense ook. Mag 2009 vol vreuge en sonder bekommernisse wees!
boendoe said,
+0000k312008bUTCSun, 14 Dec 2008 08:06:30 +0000 17, 2007 @ 3:02
Dit lyk nou sommer spiekeries! Ou Botter bly maar ‘n doring.
Geseende Kersfees vir jou en jou fandamily, Sonnie!
Wipneus! said,
+0000k312008bUTCSun, 14 Dec 2008 19:23:09 +0000 17, 2007 @ 3:02
Hi Sonnie baie mooi header!!
Geseënde kersfees en ‘n baie mooi 2009 ook vir jou en jou geliefdes
Lekker rus
x x
Seënwense said,
+0000k312008bUTCTue, 16 Dec 2008 21:16:43 +0000 17, 2007 @ 3:02
Verweg die klanke van kinder stemme in ‘n koor
in oë glinster simbole van goud silwer en ivoor
mense kriool soos kersfees- honger vrate
kersvader se ho-ho-ho
weerklink in die strate
druk, stamp, stoot,
knorrig en warm
word geskenke klein en groot omarm.
op die plein staan die groot ou boom
versier met balle,klokkies en silwer stroom
helder flikker kersfees liggies
oral glimlag kinder gesiggies.
Word stil vir een minuut
hoor die Engele se lied
en sien weer die Betlehem ster
wat ons lei van heinde en ver
na ons Heiland se Krip,
Sy Kruis
terug na ons Vader se Huis
Zee said,
+0000k312008bUTCTue, 23 Dec 2008 10:21:00 +0000 17, 2007 @ 3:02
Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.
Tersia said,
+0000k312009bUTCTue, 30 Dec 2008 17:45:43 +0000 17, 2007 @ 3:02
Sjoe, dis pragtig! Laat mens sommer lus voel vir die lewe en die nuwe jaar! Ek wens jou baie vrede, vreugde, liefde, geluk en sonskyn toe vir 2009! Liefies
Dellie said,
+0000k312009bUTCTue, 06 Jan 2009 16:09:21 +0000 17, 2007 @ 3:02
Dis al 2009 en ek kom nou eers weer by jou uit. Jou header lyk stunning, net so vol vonkel soos wat ons jou leer ken het. Mag hierdie jaar vir jou net mooi dinge inhou!