Sonneblom update
Ek het gedink ek moet ietsie ligs post vandag. Ek het die naweek my sonneblom uitgehaal. Sy het mooi droog geword en saad gemaak. Ek wou so graag die saad bêre vir die nuwe seisoen, maar 99% van die groot sade het net mooi niks binne gehad nie. Dit was ‘n kop vol lee saad doppe.
Die kop was ‘n massiewe 30cm in deursnit, en haar stam was 3 meter hoog. Ek kan nou nog nie glo sy het na daardie vreeslike wind haar omgewaai het verder gegroei nie. Ek gaan die blom mis elke keer as ek by die deur uitstap. Sy het dan hemel hoog getroon vir my
Dan, hier is sommer so oulike gediggie van Gabriel af.
Fairytale
Hidden and staying out of sight
Quietly disappearing into the night
Plants and animals as their allies
They have natural ties
Small and faster than the eye
Soundless and swiftly they will fly
When the forest reeks of evil and filled with fear
Unselfish they will cleanse and clear
With their magic touch
They can accomplish much
A soft touch of their hand
Heals the land
Warm little houses inside the trees
Protection from the cold winter breeze
Below on the forest floor on a bed of green
Share with each other what they have seen
Try and find them, they leave no trail
This is indeed a fairy, fairytale
Met my meisiekind gaan dit so bietjie beter. Sy het Maandagaand haar eerste Kung Fu klas bygewoon. Sy het dit vreeslik geniet. Kla net oor die maagspiertjies wat seer is, maar kan nie wag om vanaand weer te gaan nie. Sy het ook gevra ek moet vir haar verf goodies gaan kry, sodat sy kan verf. Ons sal die naweek vir haar gaan koop. Sy moet nou net besig bly. Ek sal julle op hoogte hou met haar vordering.
Lekker daggie vir almal.
Liefde groete
Sonneblom
3 comments +0000k31obeWed, 20 Aug 2008 11:07:03 +0000 17, 2007
Tieners en hulle moods
Julle wat lank hier lees behoort nou al te weet dat my kinders vir my die mees belangrikste mensies in die ganse heelal is. As hulle hartseer is, is ek hartseer. As hulle lag, lag ek saam. As hulle seerkry wil ek die pyn wegvat. Hulle is my lewe, my trots, my alles.
My seun word volgende week 20. Hy het vir homself ‘n meisie gekry. Na soveel teleurstellings. Hy is baie gelukkig, of kom altans so voor. Hy is nooit meer naweke hier nie, kuier by haar. Nou - hy het al paar keer so grapsgewys genoem dat hulle saam wil intrek iewers. Dit breek my hart. My seun wil huis verlaat. Ek natuurlik probeer dit maar wegpraat en keer - grapsgewys. Maar eerlik, ek wil nie hê my kind moet trek nie. Ek het seker nie meer veel sê oor hom nie. Hy is immers baie selfstandig. En eiewys. Ek dink net dis bietjie te gou. Maar sover is hy nog hier, wat darem ‘n troos is vir moederhart.
My grootste probleem en nagmerrie is my dogter. Mens lees en sien elke dag op TV en koerante van tiener depressie. As mens nie mooi oplet nie tref dit jou soos ‘n baksteen tussen die oë. Mens moet NOOIT tiener moods net afmaak as tiener moods nie.
Sy het haar eie rekenaar in haar kamer. Sy het selfoon van haar eie. Sy is onafhanklike tiener meisie van 15. Sy is gedurig in haar kamer, besig op haar rekenaar. Sy is baie privaat. Sy is ‘n gelukkige tiener. Alle tieners het nie die tipe speelgoed wat sy het nie. So, sy moet dan mos gelukkig wees…?
Vir paar weke nou - sedert die knapie van die kaap hier was - is my kind huilerig en teruggetrokke. Sien, die liefdetjie het toe suur geloop. Dit was ‘n ruk van die probeer daai vermaak en andersom. Misverstand en jaloesie het die oorhand geneem. Die outjie kon net nie oor die feit kom dat sy regtig baie van hom hou, en hom nie sal verneuk hierdiekant nie. Nou ja, lang storie kort, het die twee toe baie lelik geraak met mekaar, en dis toe nou uit.
So al die trane en moods skryf ek toe maar toe aan die kwessie, en reken dit sal oorgaan. Tot ek verlede week per ongeluk iets baie skokkend sien. Soos sy langs my sit en Olimpiese spele kyk, gaan haar linker arm mou effe oop. Ek daar sit die merke! Sy het haar arm gekerf! Ek was platgeslaan. Stuk of 6, 7 krapmerke op haar pols. Dit was seker die grootste skok.
Ek vra toe ‘en dit?!’ O sê sy, sy wou nog met my kom praat oor dit. Eers het ek nie geweet hoe om dit te hanteer nie. Gil en skree maak die saak dalk net erger, en dit stop nie by krap nie. So ek bly toe maar kalm. Praat mooi met haar en probeer vasstel hoekom. Sal sy vir my sê sy voel useless….. Ek meen!! Sy is regtigwaar ‘n pragtige kind. En nie oor sy my dogter is nie. Sy doen besonders goed op skool. Sy het met die laaste eksamen 6 onderskeidings, en die ander vakke net onder onderskeidings. Sy het nie ‘n gewigsprobleem nie (alhoewel sy so dink) Sy is soos maer soos ‘n plank. Eerste ding wat ek haar ook toe nou vra is of sy opgooi nadat sy ge eet het. Dit doen sy darem nie. Waarmee het sy haarself gekrap? Skerpmaker lem. Sy was heelweek olik. Ons almal was al deur ‘n rondte griep in die huis, en ek het maar gedink dit is nog nagevolge van die griep. Haar kliere was almal geswel, en sy was regtig nie lekker nie. Soveel dat ek haar ‘n dag uit die skool moes hou. Nou besef ek daardie skerpmaker lem was dalk vuil!
Ek het so gehuil, alleen, saam haar, by my ma…. Julle ek wil nie my kind in haar kamer dood aantref nie. Sy mag ook nie meer langmou klere dra nie. Ek wil haar arms sien. Sy mag ook nie meer haarself in haar kamer isoleer nie. Ek kort haar ook bietjie af op haar selfoon. Ek wil nie al haar goedjies wegvat nie. Maar ek is bang. My eie probleempies is nou op die agtergrond geskuif. Sy is nou my grootste prioriteit. Toe ek dit vir my man vertel, was sy reaksie ‘Nou vir wat?! Sy kort ‘n moerse pakslae’. Ek moet myself so behhers dat ek nie iets onverantwoordeliks aanvang nie. Goeie vriend Gabriel reken manlief se reaksie is normaal. Wel, hy het nounog niks vir haar gesê nie. Na my geselsie en tjanksessie met haar gaan dinge bietjie beter.
Ek wil haar besig hou. Ek wil haar inskryf vir Marshall Art klasse. ‘n Vriendin van my wie se seun haar geweldig probleme gee (rook dagga en doen wat hy wil) het aangesluit by dit, en dit gaan glo baie goed met hom nou. Hy is ‘n baie goeie atleet, en het nou weer vir sy skool begin hardloop. So miskien vind sy ook belang in dit. Al wat ek weet is dat ek plat is, ek weet nie watter kant toe nie, maar ek sal nie kan gaan lê nie. Hierdie is een berg wat ek moet uit. Ek moet my mesiekind se sprankel terugkry. Wat ookal dit verg.
Dit maak mens bang. By haar skool is ‘n plaatjie opgerig om hulde te bring aan al die kinders wat selfmoord gepleeg het. Ek voel dis sommer kak, want hulle adverteer selfmoord! Jy is ‘n held as jy selfmoord pleeg! Jou naam kom op die plaatjie! Dis bulldust.
Nou ja, julle moet ‘n lekker week verder hê. As een van julle dalk deur dieselfde drama is met julle tiener dogters, enige raad is welkom asb.
Liefdegroetetjies
Sonneblom
39 comments +0000k31obeThu, 14 Aug 2008 08:35:21 +0000 17, 2007
